37 @ Alibama

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

37 @ Alibama is 'n knus selfsorgwoonstel vir gesinne met kinders en is onder die hoofhuis op die eienaar se perseel in Nelspruit. Die eenheid is gerieflik naby die hospitale, Mediclinic, Laeveld Hospitaal, winkelsentrums, i'Langa Mall en skole geleë.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 1 slaapkamer en 'n aparte ingang. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Perkallinne op beddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Badhanddoeke en swemhanddoeke word voorsien. Die selfsorgwoonstel is baie ekonomies om in te bly vir 'n gesin met kinders. Koffie, tee, suiker, melk, beskuit en peuselhappies word voorsien, asook jogurt, vrugte en water.

Die kombuisie is volledige toegerus met breekware en eetgerei, 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof en koffie- en teemaakgeriewe. Die leefarea het 'n TV met volledige DStv. Ander geriewe sluit 'n braai-area, WiFi, 'n swembad en veilige onderdakparkeerplek in. Die parkeerplek op die erf is groot genoeg vir ’n waentjie of karavaan. Daar is 'n muur om die erf, met elektriese drade, skuifhek en kameras om die eiendom.

Besienswaardighede naby sluit Mbombela Stadion, Nelspruit Gholfklub, Sudwalagrotte, Emnotweni Casino en Sudwala Dinosouruspark in. Die Malelane hek is sowat 65 km van Nelspruit af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 37 @ Alibama gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false