Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

38 Trails End

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Swartvlei, Trails End, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 800 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

38 Trails End is net buite Sedgefield geleë en bied gehalteverblyf vir 'n groot gesin, 2 klein gesinne of 'n groep vriende. Hierdie lieflike huis is sowat 5 km van Sedgefield af teen die Swartvleimeer.

Dit is 'n dubbelverdiepinghuis met 4 ruim slaapkamers, 'n solderarea en 2 badkamers. Die 2 groot kamers het elk 'n koningingrootte-bed en uitsigte oor die meer. Die ander 2 slaapkamers en die solderarea het elk 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak en daar is 'n aparte gastetoilet. Ons voorsien ook linne en badhanddoeke. Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met al die nodige selfsorg-geriewe soos 'n mikrogolf, stoof, yskas, wasmasjien en koffie- en teemaakgeriewe. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Onthou asseblief om jou eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheerder saam te bring.

Die huis het slaapplek vir tot 10 gaste en is spesiaal ingerig vir 2 klein gesinne wat saam reis. 'n Gemeenskaplike kuier- en kombuisarea is in die middel van die huis en die slaapplek is aan weerskante.

Veilige onderdakparkeerplek is onder die huis beskikbaar. Die huis is 5 meter van die water af en het 'n jettie vir bote. Watersport word op die meer toegelaat.

Die huis is in 'n sekuriteitslandgoed en baie kindervriendelik. Daar is 2 swembaddens – 1 vir jong kinders en die ander vir ouer kinders en volwassenes.

Hierdie omgewing is bekend vir watersport, voetslaan- en bergfietsroetes, swem en sy omvangryke voëllewe. Dit is 25 km van George af en 24 km vanaf Knysna. Verskeie restaurante en winkels is in die omgewing en daar is ook 'n restaurant en spa baie naby die huis.

Slaapplek

’n Bespreking by 38 Trails End sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • N2, Swartvlei, Trails End, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 800
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R4 800
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Swartvlei, Trails End, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFkNDlkYTc1LTJhMDMtNGY2OC1hZjRjLWNjMDkxY2FjNGFjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag (plek vir 10) N2, Swartvlei Trails End 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.991300130853 22.736906263564
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem