Seepunt Akkommodasie by 4 On Highworth | LekkeSlaap
+70

4 On Highworth

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highworthstraat 4b, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R575 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

4 On Highworth bied stylvolle selfsorgverblyf naby die MyCiTi-busroete in Seepunt. Dit is ook naby die V&A Waterfront, Groenpunt, KIKS en verskeie plaaslike winkels en restaurante.

Verblyf word aangebied in 'n tweeslaapkamer-dakwoonstel met 'n privaat swembad en dek op die dak, of in 2 tweeslaapkamer-tuinwoonstelle, of in 2 ateljeewoonstelle vir enkelreisigers en paartjies. Al die eenhede onder die dakwoonstel deel 'n gemeenskaplike agterstoep, plonspoel en braai-area.

Die tweeslaapkamer-tuinwoonstel het 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en ingeboude kaste, die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en die badkamer het 'n stort. Die oopplan-sitkamer het DStv, gratis WiFi en lei na 'n oopplan-eetarea in die kombuis. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg-verblyf met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Gaste het toegang tot 'n tuintjie en 1 veilige parkeerplek. Voorafbetaalde elektrisiteit is ingesluit en die woonstel word elke derde dag skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae, vir gaste wat langer kuier.

Die tweeslaapkamerwoonstel met 2 badkamers het slaapplek vir 4 gaste en het lugversorging in die hoofslaapkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en albei kamers het 'n TV. Die oopplan-leefarea en -eetarea lei na die kombuis, Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n privaat dek met 'n sitarea en 'n gasbraai wat slegs vir gaste van die eenheid beskikbaar is. Daar is 'n agterstoep met 'n plonspoel en braaigeriewe wat deur die eenhede gedeel word.

Gaste van die tweeslaapkamer-eenheid het toegang tot 1 veilige parkeerplek en gaste van die tweeslaapkamer-eenheid met 2 badkamers het toegang tot parkeerplek en gratis WiFi.

Die 2 ateljeewoonstelle het nie parkeerplek het nie.

Seepunt bied aan besoekers 'n verskeidenheid koffiewinkels, restaurante, kroeë, musiekklubs en 'n lieflike promenade waar gaste kan wandel. Tafelberg, Robbeneiland, Kasteel de Goede Hoop, Distrik Ses en die Bo-Kaap is naby Seepunt.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 21 resensies vir 4 On Highworth
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Highworthstraat 4b, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink 4 On Highworth het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R575
per nag (plek vir 2)
Vanaf R575
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highworthstraat 4b, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM3ZDYxNzA4LWRjZmQtNDIzNC05MWJiLTAxODFjMmU4NjI2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R575  per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 4b Highworth Road Sea Point 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.913196 18.392912
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za