Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

4 on Retzia

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Retzia-straat 4, Hoheizen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 280 R896 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

4 on Retzia bied lieflike selfsorgverblyf in 'n kunstige skeepsvraghouer met 'n aparte ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Hoheizen, Bellville. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat die Moederstad wil verken aangesien dit naby die N1-hoofweg geleë is.

Die unieke eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met lugversorging en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea het ook lugversorging en beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix en Prime Video. Gratis, onbeperkte Wi-Fi word voorsien.

Tydens beurtkrag word elektrisiteit met behulp van sonpanele, omsetters en batterye voorsien. Buite is daar 'n skaduryke houtdek met 'n tafel, stoele en 'n Weber-braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die verblyf is ongeveer 3 minute vanaf die N1-hoofweg, 10 minute vanaf Tygerbergkampus, 20 minute vanaf Kaapstad se middestad en 25 minute vanaf die Durbanville Wynlande.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Retzia-straat 4, Hoheizen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 280
R1 280 R896
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 280
R1 280 R896
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Retzia-straat 4, Hoheizen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d3a7b3951a1bb1f0388121e1a57abb71f341193a5a0b5163b155cc2e82b51f5a2f5d64a7f1186a831cd7d5fd7408ef7bd81?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 280 nouVanaf R896 per nag, vir 2 mense 4 Retzia Road Hoheizen 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.883049 18.6195342

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang