40 Napier Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

40 Napier Street het een van die grootste swembaddens in die omgewing en is geleë in die keisteen gedeelte van Napierstraat in De Waterkant. Dié puik eiendom bied slaapplek vir 4 gaste.

Dit is 'n luukse tweeslaapkamer-eiendom met 'n oopplan-leef en -eeatarea, 'n kombuis met 'n houtvloer en 'n kaggel. Die voorste slaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer met lugversorging het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort en deure wat lei na die privaat terras-area. Hierdie area het 'n tafel in die skaduwee en sitplek, en kyk uit oor die swembad wat met sonkrag verhit word. 'n Spiraaltrap lei na die dek op die dak met sy sonstoel en asemrowende uitsigte oor die V&A Waterfront, die stad en Tafelberg.

As 'n ekstra dienslewering en afsonderlik van die verblyf tarief, is gratis WiFi wanneer dit beskikbaar is. Die perseel word daagliks skoongemaak uitsluitend publieke vakansiedae.

De Waterkant is naby al Kaapstad se bekendste besienswaardighede. Die V&A Waterfront, Groentemarkplein en die KIKS is stapafstad van hier af. En Tafelberg, Kampsbaai en die Wynlande is net 'n kort taxi-rit van 42 Napier Street af. The Village Cafe is langs die kothuis geleë en Cape Quarter, die naaste winkelsentrum, is net sowat 3 minute se stap van hier af.

40 Napier Street kan ook skakel met 42 Napier Street, wat dit ideaal maak vir groot groepe en het slaapplek vir 9 mense.

Slaapplek

'n Bespreking by 40 Napier Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 40 Napier Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 840 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za