48 Twist Street
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2022 tot 31 Jul 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Twiststraat 48, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 600R1 067 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
48 Twist Street is 'n siersteenhuis wat in Pearly Beach in Gansbaai binne stapafstand vanaf die see geleë is. Die huis is die ideale wegbreekplek vir vriende en familie wat wil ontsnap van die besige lewe in die stad.
Die huis het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is ook 'n enkelbed en slaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met al die nodige eetgerei en breekware. Ons geriewe sluit 'n ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n stoof in. Die leefkamer het 'n paneelverwarmer en ’n DVD-speler, en die slim-TV het 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart, of WiFi-versender saambring. Die huis beskik oor binne-braaigeriewe met al die toebehore wat jy nodig het. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamer, leefkamer en braai-area.
Gaste kan uitsigte oor die oseaan vanuit die braaikamer geniet. Die eiendom is omhein en daar is 'n alarm. Goed-opgeskote troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Daar is veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by 48 Twist Street sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Twiststraat 48, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink 48 Twist Street het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pearly Beach Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Twiststraat 48, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom