4Living Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4Living Guesthouse bied gerieflike kamers in 'n lowergroen tuin in Waverley. Gaste kan kies tussen 'n Koningkamer, 3 kamers met 2 enkelbeddens, of 'n oopplan-ateljee.

Die kamers wat 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens het, het elk slaapplek vir 2 gaste. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. Die kamers kyk uit oor die tuin en het elk 'n TV, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die ateljee-eenheid het 2 enkelbeddens en 'n volle en suite-badkamer. Die leefarea het 'n kombuisie en 'n sitarea met 'n TV. Die eenheid lei na 'n privaat stoep wat oor die tuin uitkyk.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Etes is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n Gedeelte van die verblyfkoste gaan na die nie-regeringsorganisasie Yoga4Alex wat jong yoga-instrukteurs help om hul loopbane te vestig.

4Living Guesthouse bied ook konferensiegeriewe, en die stoep en leefarea kan vir intieme funksies soos tuintroues, hennepartytjies, ooievaarstees, verjaarsdae en werksfunksies gebruik word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4Living Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za