LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 5 Driftwood | LekkeSlaap
+27

5 Driftwood

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
5 Driftwood
Tariewe is vir selfsorg en sluit toiletpapier, skottelgoedwasseep en swartsakke in.
Belasting en Ekstras

Let asb. daarop dat die sleutels nie oorhandig sal word tensy die volledige betaling ontvang is nie.
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van 20% of R3000 (welke een ook al groter is) word vereis om enige breekskade te dek. Die breekskade- en sleuteldeposito word terugbetaal nadat die eenheid nagegaan is deur die diensleweraar of die huiseienaar. Indien alles in orde is, sal die breekskade- en sleuteldeposito via EFT terugbetaal word binne 10 werksdae na vertrek.

1. Gaste erken dat elke eenheid moontlik die eiendom van 'n aparte regspersoon is wat 'n aparte entiteit van ZimbaliHomes is. ZimbaliHomes aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige kostes en uitgawes wat tydens gaste se verblyf aangegaan word nie.
2. Geen troeteldiere word op die landgoed toegelaat nie. Die bosbokke en duikers op die landgoed is sensitief vir ander diere en daarom word troeteldiere nie op die perseel toegelaat nie. Troeteldiere sal van die landgoed verwyder word en aan die plaaslike owerhede oorhandig word.
3. Inkloktyd is van 14:00 af. Inklok voor 14:00 sal net toegelaat word indien dit vooraf gereël is. Ekstra fooie sal gehef word vir vroeë inkloktye.
4. Uitkloktyd is streng voor 10:00 op die dag van vertrek. Uitklok na 10:00 sal net toegelaat word indien dit vooraf gereël is. Ekstra fooie sal gehef word vir laat uitkloktye.
5. Sleutels en toegangskaartjies moet afgehaal word by Zimbali Estate Management Association (ZEMA) Welcome Centre, wat by die Northgate Suites oorkant Zimbali North Gate geleë is.
6. Alle sleutels, afstandbeheertoestelle en sekuriteitskyfies moet aan hierdie sentrum terugbesorg word met vertrek. Enige verlore, beskadigde of gebreekte sleutels, afstandbeheertoestelle of skyfies sal deur die gas betaal moet word.
7. Gaste moet ZimbaliHomes binne 24 uur na die inklokdatum laat weet van enige skade op die perseel, insluitend die gholfkarretjie (indien van toepassing). Indien skade nie gerapporteer word nie, sal ons aanneem dat gaste alles in 'n goeie werkende toestand ontvang het.
8. Indien die komplimentêre gholfkarretjie gebreek is, sal daar geen vermindering van tarief of vergoeding wees nie, tensy die gholfkarretjie apart gehuur is. In daardie geval mag 'n terugbetaling moontlik wees van die verskaffer af. Nalatige gebruik van die gholfkarretjie kan daartoe lei dat dit gekonfiskeer word.
9. Linne en badhanddoeke word elke derde dag verander. (in die afwesigheid van 'n spesiale opdrag van die huiseienaar). Indien daar 'n versoek is om die linne en handdoeke meer gereeld te vervang, sal daar 'n addisionele heffing wees en dit moet direk vereffen word met die skoonmaakmaatskappy self. Die skoonmaakdiens op die perseel duur 4 uur deur die loop van die dag. Persoonlike wasgoeddienste is nie ingesluit by die skoonmaakdiens nie. Die eiendomme is bedoel vir selfsorg.
10. Gaste moet die perseel los soos hulle dit gevind het, in 'n ordelike en skoon toestand. ZimbaliHomes behou die reg voor om enige kostes verwant aan oormatige vuilheid, breekskade of skade aan die struktuur van die perseel van die gas terug te eis. Dit sluit in, maar is nie beperk tot alle toebehore, die gholfkarretjie, breekware, eetgerei en meubels nie. Onbetaalde ZEMA-boetes sal uit die breekskadedeposito verhaal word.
11. ZimbaliHomes behou die reg voor om die bespreking te kanselleer, te verander of te vervang indien die perseel beskadig is of verwaarloos is (omdat instandhouding en herstelwerk afgeskeep is) of as dit om een of ander rede nie beskikbaar is nie.
12. ZimbaliHomes of die huiseienaar sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies, beserings of skade wat veroorsaak mag word gedurende gaste se verblyf op die landgoed nie.
13. Alle vensters en deure van die eenheid moet gesluit word en die lugversorging, toebehore en ligte moet afgesit word met vertrek.
14. Rook is verbode op al die ZimbaliHomes-persele.
15. Maak asb. seker dat die eenheid gesluit is met vertrek. Alle vensters, skuifdeure en ingange moet toe en gesluit wees. ZimbaliHomes kan nie verantwoordelik gehou word vir skade of verlies aan die perseel weens nalatigheid nie.
16. Indien daar 'n onderbreking in munisipale dienste is, soos die water of elektrisiteit wat af is, sal ZimbaliHomes of die huiseienaar nie verantwoordelik gehou word nie. Geen terugbetalings sal in sulke gevalle plaasvind nie.
17. Toegangskyfies word spesifiek geaktiveer vir die aangewese ingange en nie vir die hele landgoed nie. Indien gaste by 'n ingang ingaan waar hulle nie mag nie, sal boetes gehef word.
18. Die gebruik van enige van die swembaddens op die landgoed moet nie enige onredelike versteuring van ander gaste veroorsaak nie.
19. Gaste het toegang tot alle swembaddens, restaurante en klubhuise. Gaste wat tydelik hier bly mag nie die landgoed se gimnasium gebruik nie. Die hotel se swembad is slegs bedoel vir hotelgaste en gaste wat in die restaurant kom eet.
20. Gaste wat huur mag nie oornagbesoekers ontvang nie.
21. Geen ekstra matrasse word toegelaat nie.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer

'n Kansellasiefooi van 18% van die totale besprekingsfooi, onderhewig aan 'n minimum-kansellasiefooi van R2000, word gehef as die bespreking meer as 6 weke voor die inklokdatum gekanselleer word.
'n Kansellasiefooi van 50% van die totale besprekingsfooi word gehef as die bespreking 4 tot 6 weke voor die inklokdatum gekanselleer word. Gedeeltelike terugbetalings word nie gedoen nie.
100% van die totale besprekingsfooi word gehef indien die bespreking minder as 4 weke voor die inklokdatum gekanselleer word. Gedeeltelike terugbetalings mag van toepassing wees, maar dit hang af van die moontlikheid om die eenheid vir die spesifieke periode te herverhuur teen 'n soortgelyke tarief.
Huur is betaalbaar vir die periode wat bespreek is en geen terugbetalings sal toegelaat word indien gaste vroeër vertrek vir watter rede ook al nie, of indien gaste nie opdaag nie.
Geen plaasvervangings sal aanvaar word na die geld aan ZimbaliHOMES betaal is nie.
ZimbaliHomes behou die reg voor om nie 'n kwotasie te gee nie of om die akkommodasie te kanselleer as die gaste onder die ouderdom van 21 is, as gaste groot partytjies beplan of as dit groot groepe is en ons verwag dat daar te veel geraas gaan word. Gaste sal die landgoed moet verlaat sonder terugbetaling en kan op 'n swartlys geplaas word wat verhoed dat hulle enige toekomstige besprekings kan maak.

Vanaf R6 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf R6 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf R6 700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Driftwood-rylaan 5, Zimbali-kusoord, Dolfynkus, 4401, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnlF8bsuWtSckLMHEpIinTPrqOuwTYnTg0LsrSP0Sca2wPp9TBo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 700  per nag (plek vir 8) 5 Driftwood Drive Zimbali Coastal Resort 4401 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.550834202211 31.202819640406
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!