Doorn Akkommodasie by 51 on Church | LekkeSlaap
+82
+82

51 on Church

  • Vanaf R699 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 51, Doorn , Welkom, 9459, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

51 on Church Gastehuis bied ook gerieflike selfsorg-verblyf in Doorn in Welkom. Dis sentraal geleë, veilig en naby verskeie winkels, restaurante en Welkom se sakekern. Die verblyf is ideaal vir gaste wat op soek is na gehalte-oornagverblyf vir 'n gesin of vir sakereisigers.

Die Purple Plum-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is Slim-TV, met DStv Premium, onbeperkte WiFi, lugversorging, 'n yskas en koffie- en teemaakgeriewe.

Die Duck Egg Blue Woonstel het 2 kamers en 2 en suite badkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n sitkamer en privaat braai-area. Dié woonstel bied selfsorgverblyf. WiFi is beskikbaar, asook 'n Slim-TV met DStv Premium.

Die derde kamer, die Olive-Jade Groen-kamer, is geskik vir 3 gaste en beskik oor 'n en-suite badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak. Die kamer het ook onbeperkte WiFi, DStv Premium, Netflix, Apple TV, Showmax, Slim-Smart TV, yskas en koffie- en teemaakgeriewe.

Die Nordic Blue Copper-slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, gratis WiFi, Slim-Smart TV, DStv Premium, Netflix, Showmax, Apple TV en lugversorging. Daar is 'n skuifdeur wat na die patio lei waar gaste kan rook en 'n uitsig oor die tuin kan geniet.

Die gastehuis is minder as 'n kilometer van Goldfields Mall & Casino, Welkom Square, Medi-Clinic en Welkom se sakekern af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 14 resensies vir 51 on Church
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Kerkstraat 51, Doorn , Welkom, 9459, Vrystaat
  • Gaste dink 51 on Church het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R699
per nag (plek vir 2)

Sien meer verblyf in

Doorn Welkom Vrystaat
Vanaf R699
per nag (plek vir 2)
Vanaf R699
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 51, Doorn , Welkom, 9459, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANwSEtuQnId5WFGmsGtiz3EEf4wPGJrvjd9hNXaKCK02BI5fJy5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R699  per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 51Church Street Doorn 9459 Vrystaat 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -27.981061908892 26.754076536745
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za