57 Mark Street

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 4 Des 2019.

Beskrywing

57 Mark Street is 'n semi-losstaande selfsorghuis in Prins Albert. Dié historiese woning is 150 jaar oud en die essensie daarvan is in die lieflike Amerikaanse greinhoutvloere, deure en vensters vasgevang. Die rietplafon hou die huis koel in die somer.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die een badkamer het 'n stort, toilet en wasbak en die ander badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele in die kombuis, asook 'n houtstoof in die ou vuurherd.

Die voorstoep kyk uit oor 'n groot, statige ou kerk, en daar is 'n beskutte sitarea buite by die kombuis met 'n groot etenstafel en stoele, asook 'n braai-area.

Indien jy op soek is na verblyf vir 'n groot groep van 12 mense, kan 57, 59 Mark Street en Die Stal gesamentlik bespreek word, aangesien die eenhede aanmekaar skakel. Dié huise is almal op LekkeSlaap gelys.

Minimum 3 gaste per bespreking.

Kom en geniet ons ware Karoo-huis en wees ons volgende gelukkige gaste.

Slaapplek

'n Bespreking by 57 Mark Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 57 Mark Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 R1 400 per nag (vir 6 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 4 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za