642 on Vincent
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vincentstraat 642, Moreletapark, 0044, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
642 on Vincent is 'n lieflike eenheid op die eienaar se perseel in Moreletapark, Pretoria-Oos. Dit is naby groot winkelsentrums, kerke en snelweë soos die N1 en die R21 geleë.
Die knus eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n sitarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met 'n yskassie, gasstoof, konveksie-oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, stoele en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die skuifdeur lei na 'n privaat stoep in die tuin met 'n klein tafel, stoele en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by 642 on Vincent sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Melissa Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Maande op LekkeSlaap 10
Ligging
- Vincentstraat 642, Moreletapark, 0044, Gauteng
- Gaste dink 642 on Vincent het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Moreletapark Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vincentstraat 642, Moreletapark, 0044, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom