LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 7 Brenton Park | LekkeSlaap
+16

7 Brenton Park

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brenton Park 7, Kapt. Duthie-laan, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

7 Brenton Park is 'n selfsorgkothuis in Brenton Park in Lake Brenton, Knysna. Brenton Park is veilig en het 'n rustige en ontspanne atmosfeer. Dit is net 'n kort entjie van die strandmeer en jetty af en is naby Brenton-on-Sea se strand wat net oor die heuwel is. Knysna is sowat 15 km se ry daarvandaan.

Binne Brenton Park is daar 2 tennisbane, kroukiebane, 'n swembad, kinderspeelarea, wasmasjiene wat met munte werk en lieflike, oop grasperke.

Die siersteenkothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea onder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kothuis het ook 'n privaat stoep met braaigeriewe.

Dit is in 'n pragtige tuin met tarentale, hasies, 'n paar bosbokke en ’n volop voëllewe geleë. Daar is verskeie restaurante en 'n winkeltjie naby die kothuis.

Slaapplek

’n Bespreking by 7 Brenton Park sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Spaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 7 Brenton Park
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Brenton Park 7, Kapt. Duthie-laan, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink 7 Brenton Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brenton Park 7, Kapt. Duthie-laan, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzLdoyQ2l2tBHs2PCDKlV6Q7SiV27GJyl0DcyyMoxyRnOY0wQyN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (vir 6 persone) 1 5 1 5 7 Brenton Park Capt. Duthie Avenue, Lake Brenton 6570 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.059952606329 23.02934601903
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!