702 on Kloof

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

702 on Kloof is 'n selfsorg-ateljeewoonstel in Kloofstraat, Gardens, omring deur restaurante, winkels en die naglewe. Die woonstel bied skitterende uitsigte oor die stad en op Seinheuwel.

Dié kompakte woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n oopplan-kombuisie, -leefarea en -slaaparea. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuisie is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 2 en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die gebou het uitstekende sekuriteit met 24 uur-sekuriteitswagte en parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by 702 on Kloof sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 702 On Kloof gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za