7th Wonder Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag. Geldig vanaf 13 Nov 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Die 7th Wonder Guest House is baie trots op sy naam wat hy by Tafelberg gekry het. Tafelberg is in 2012 as een van die 7 Wonders van die Wêreld aangewys. Kaapstad is aangewys as die 8ste beste bestemming die wêreld om te besoek in en is nommer 1 in Afrika. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat egte, lewenslange gesinsherinneringe wil maak. Dis net 'n paar meter van die strand af en is die top-vakansiebestemming waarna gaste jaar na jaar uitsien.

Die gastehuis spog met luukse suites en uitsigte oor Robbeneiland en op Tafelberg. Die warmte en gemak by 7th Wonder maak van dié gastehuis die ideale plek om na terug te keer en in die swembad te ontspan na 'n dag van verken, fietsry, haaihokduik of bergklim.

Daar is braai- en ontspanningsgeriewe, 'n gemeenskaplike sit- en eetarea, 'n TV met volledige DStv en 'n ten volle toegeruste kombuis waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Gaste het ook toegang tot gratis, onbeperkte WiFi.

Geriewe naby die gastehuis sluit die MyCiTi-busdiens, verskeie winkels, restaurante en doendinge in.

Gaste het privaat toegang na Bloubergstrand wat net 'n paar meter ver is en besoekers en sweefskiërs van oral lok wat jaarliks meeding vir die Red Bull King of the Air Champion-titel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7th Wonder Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 R1 105 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag. Geldig vanaf 13 Nov 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za