Seaview Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seaview Apartment is 'n selfsorgwoonstel in die veilige Arrowood-kompleks in Plettenbergbaai. Dis sentraal geleë en net 'n entjie vanaf die dorp en die strand. Die kompleks bied 'n pragtige uitsig oor die baai, riviermonding, die strandmeer en die Tsitsikammaberge in die verte. Daar is 'n kristalhelder swembad, 'n plonspoel vir kinders en veilige parkeerplek.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubblebed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. In die tweede slaapkamer is daar 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed. In die gesinsbadkamer is daar 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het genoeg sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met 'n DVD-speler. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met ingeboude braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Seaview Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaview Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za