92 Waterkant Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

92 Waterkant Street is 'n tweeslaapkamerhuis wat smaakvol versier is in De Waterkant in Kaapstad. Dié huis het 4 verdiepings en het 'n oopplan-leefarea, 'n plonspoel en 2 slaapkamers met lugversorging.

Die voordeur, vanaf Napierstraat, lei direk na die grondverdieping met 'n oopplan-uitleg en lugversorging. Daar is 'n kombuis met houtpanele, 'n gastetoilet en 'n leefarea. Dié verdieping lei na 'n privaat binnehof met 'n houtdek en hoë mure, ingeboude braaigeriewe, 'n wasbak en 'n plonspoel.

Die trappe lei boontoe na die tussenvloer-grondverdieping wat nog 'n ingang het van Waterkantstraat se kant af. Die studeerkamer en TV-sitarea lei na via 'n paar trappies na die tweede slaapkamer wat 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort het. Die skuifdeure met hortjies bied toegang tot die dakterras wat toonbanke, 'n wasbak en uitsigte op Tafelberg het.

Verder is daar nog houttrappe wat na die eerste verdieping se hoofslaapkamer lei. Dié kamer het oop houtbalke, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Die skuifdeure met hortjies bied toegang tot die dakterras wat toonbanke, 'n wasbak en uitsigte op Tafelberg het.

Die hele huis is omgewingsvriendelik ontwerp met sonkrag-geisers en 'n gryswatersisteem. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Die huis het 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër, 'n skottelgoedwasser, 'n Nespresso-masjien en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Slaapplek

'n Bespreking by 92 Waterkant Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 92 Waterkant Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za