A Bit of Heaven

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Bit of Heaven is 'n rustige wegbreekplekkie wat oor 'n feetjietuin uitkyk. Dit is lekker sentraal geleë, slegs 5 minute vanaf die N3 hoofweg en na aan plaaslike geriewe. Dis 'n gerieflike basis waarvandaan jy omliggende besienswaardighede soos die Midlands Meander en Drakensberge kan verken.

Die gastehuis bied bekostigbare verblyf in 'n lekker ontspanne omgewing. Die huis se vintage, ruim, helderkleurige binnenshuise ontwerp sal jou onmiddellik tuis laat voel. Ons geriewe verskaf als wat jy benodig, ongeag of jy 'n sakereisiger of vakansieganger is.

Een van Suid-Afrika se gesogste hotelle, die Redlands Hotel, is reg oorkant die straat. Die hotel se Club Room en Blue Room is oopgestel aan die publiek en gaste kan gerus daar gaan eet. 'n Lokaal kan by Redlands Hotel bespreek word vir konferensies of funksies. Jy kan ook Redland’s Beauty Salon besoek vir 'n massering, gesigbehandeling of haarsny. Hierdie besprekings kan deur A Bit of Heaven se personeel vir jou gemaak word.
Gaste het toegang tot braaigeriewe en 'n swembad, asook elektroniese toegang tot parkeerplek op die perseel.

Ontbyt is beskikbaar op versoek. 'n Engelse- of Gesondheidsontbyt word in jou kamer bedien. Ons probeer sover moontlik aan jou spesiale behoeftes voorsien en vegetariese disse is op versoek beskikbaar.

A Bit of Heaven is 3 minute vanaf die middestad en 15 minute vanaf die Pietermaritzburg Oribi Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Bit Of Heaven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false