A Karoo Manor-Marinas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Karoo Manor-Marinas is langs die N1 in Richmond, 'n Karoodorpie omtrent halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg geleë. Die ouwêreldse bestemming bied die ideale akkommodasie vir gesinne en groepe wat opsoek is na 'n wegbreek ver van die stad se rumoer af.

Die veilige perseel is omhein en bied veilige parkering vir jou motor en 'n rustige tuin waarin jy jou gedagtes kan los laat. Ons het ook braaigeriewe in die binnehof. Daar is 2 eenhede (insluitend die gesinskamer) wat 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens het, sodat dit 6 mense kan akkommodeer. Ons het 3 dubbelkamers met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Al die eenhede het DStv, lugversorging en 'n en suite-badkamer.

Ons het 'n unieke, gelisensieerde restaurant op die perseel (Die Krip Restaurant), waar alle maaltye beskikbaar is teen 'n addisionele koste.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Karoo Manor-Marinas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za