LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by A Lodge on the Lake | LekkeSlaap
+22

A Lodge on the Lake

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 746 North Straat, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 730 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lodge on the Lake is in die buitewyke van Wildernis op die wêreldbekende Tuinroete geleë. Wildernis staan ook bekend as die Eden van die Suid-Afrikaanse Suidkus. Hier smelt natuur en argitektuur saam in 'n ligging wat heel moontlik van die mooiste ter wêreld is. Gaste kan ongeëwenaarde uitsigte oor die meer en die omringende berge verwag.

Elke kamer is stylvol gemeubileer met aardse ondertone. Die luuksheid en ruimte van die Wittebroodskamer met sy hemelbed en losstaande klipbad is nie net vir wittebroodpaartjies se genot nie. Elke kamer beskik oor 'n afstandbeheerde satelliet TV, kroegie, kluis vir waardevolle items, telefoon, tee- en koffiemaakgeriewe en haardroër.

Gaste kan in die sitkamer ontspan en die pragtige uitsig oor die oorvloeiswembad en die uitgebreide meer geniet. WiFi is ook in die sitkamer beskikbaar.

Die Wellness Spa is die ideale ontspanningsoord. Gooi jou sorge in die wind, skop jou skoene uit en maak jou gereed vir 'n heerlike bederf wat beloof om jou weer 'n huppel in jou stap te gee! Dié spa se hoofdoel is om na jou hele liggaam se gesondheid om te sien en daar is 3 behandelingskamers. Behandelings sluit gesigsbehandelings, liggaamsbehandelings, masserings en Thalgo Spa behandelings vir spanning, spierspanning, selluliet en detoks, in.

Wildernis staan ook aan die plaaslike inwoners as Eden bekend. Dit is tussen Knysna en George geleë. Met pragtige strande en die Indiese Oseaan op jou drumpel, is hierdie wonderlike plek 'n immergewilde toeristebestemming. Hierdie dorpie, wat langs die N2 geleë is, word omring deur 'n ongelooflike landskap van mere, duine, strandmere en die Outeniekwaberge.

Hierdie akkommodasie is sentraal en op die wêreldbekende Tuinroete geleë. Dorpe en stede soos Knysna, Port Elizabeth, George en Sedgefield kan maklik bereik word. Wildernis se idilliese atmosfeer word geskep deur die restaurantjies en die weeklikse (Vrydae) kunstemark by Milkwood Village.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir A Lodge on the Lake
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 746 North Straat, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink A Lodge on the Lake het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 730
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 730
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 746 North Straat, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI2NTMxOTQ0LTYzMmItNDk0MC1iZjYxLTc5YWYwN2VhZjQwYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 730  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 746 North Street Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -33.999952967918 22.636325955391
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!