A Peace Of Marloth

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Peace of Marloth is 'n pragtige, luukse gesinshuis in Marloth Park, 'n privaat residensiële natuurreservaat wat aan die Krugerwiildtuin grens. Marloth Park is nie omhein nie en diere loop dus vrylik deur die park en rondom jou huis rond!

Hier kan jy veilig in die groot huis sit en eet terwyl jy kyk hoe wilde diere verbystap. Snags kan jy leeus hoor brul. Die visarend se geskree sal jou soggens betyds wakker maak om die sonsopkoms vanaf die balkon of vanaf enige van die uitkykpunte op die Krokodilrivier te sien.

Jy kan dagritte of georganiseerde nagritte deur die Krugerwildtuin onderneem. Daar is ook vele ander besienswaardighede om te besoek - God's Window, Bourke's Luck Potholes, Blyderiviercanyon, Mac Mac-waterval, en vele meer. As jy boonop 'n entjie gaan ry deur Long Tom- en Robberspas, sal hierdie skilderagtige deel van Suid-Afrika jou ewig bybly.

Daar is ook doendinge vir die minder avontuurlustiges wat eerder net wil ontspan: Lees 'n boek, gaan soek 'n paar wilde diere, stap 'n entjie, ry teen sononder na die oewer van die Krokodilrivier waar jy 'n drankie kan geniet en een van die Groot 7 kan gewaar (olifante, renosters, leeus, buffels, seekoeie, luiperds en krokodille) of kom bewonder die 300 voëlspesies wat hulle hier tuis gemaak het.

Die huis bied slaapplek vir 12 gaste (maksimum 8 volwassenes en 4 kinders), 3 privaat slaapkamers en 2 badkamers, 'n kinder-wonderlandslaapkamer/solder met eie balkon, gemaklike leefarea met groot terras, volledig toegeruste kombuis, braai-area met boma, lapa met Jacuzzi (warm of koud) en satelliet-TV. Al die kamers het lugversorging.

Ander geriewe sluit 'n klubhuis, swembaddens in die omgewing, 'n tennisbaan, vlugbalbaan, 5 kroeë in die park, kitskosrestaurante en gewone restaurante, hardewarewinkels en drankwinkels by albei sentrums, 'n vulstasie in die park en 'n slaghuis in.

Slaapplek

'n Bespreking by A Peace Of Marloth sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Peace Of Marloth gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 9)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false