A Place in Thyme

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Place in Thyme is teen die berghange in Vishoek geleë. Dit bied bekoorlike selfsorg-verblyf in 3 verskillende eenhede.

'n Place in Thyme Kothuis is 'n losstaande kothuis met slaapplek vir 5 gaste in 2 kamers. Die kamers het 2 koningingrootte-beddens en 1 enkelbed. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Daar is 2 badkamers met ’n stort, bad, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Dit bied toegang tot 'n geplaveide area buite met 'n wasgoedlyn en 'n draagbare braai. Die sitkamer het satelliet-TV en 'n DVD-speler. Dubbeldeure in die eetarea lei na 'n stoep, wat oor 'n dek en privaat swembad uitkyk.

Small Thyme s 'n selfsorg-ateljeewoonstel met 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, asook 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie en ingeboude kaste en satelliet-TV.

Big Thyme is 'n selfsorg-ateljeewoonstel met 'n koningingrootte-bed en en 'n slaapbank. Die eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak, asook 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, ingeboude kaste en satelliet-TV en braaigeriewe.

Ons het ’n kabelspoorweg geïnstalleer om gaste na hul kothuis te neem.

Let asb. daarop dat die swembad slegs beskikbaar is aan gaste wat in die kothuis bly.

A Place in Thymeis net 5 minute se ry van Vishoekstrand af wat ideaal is vir swem, lang strandwandelinge en walviskyk. Ander doendinge sluit gholf, branderplankry, lyfplankry, seilvaart, perdry, voetslaan en wandelpaaie in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Place In Thyme gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false