Malmesbury Akkommodasie by AA Badenhorst Family Wines | LekkeSlaap
+56
+56

AA Badenhorst Family Wines

Selfsorg
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jakkalsfonteinweg, Paardeweg, Kalmoesfontein Plaas, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

AA Badenhorst Family Wines bied 'n outentieke plaaswegbreekplek teen die hange van die Paardeberg. Dié werkende wynplaas word deur 'n familie besit en is 21,2 km vanaf Malmesbury en 87,4 km vanaf Kaapstad se middestad.

Daar word unieke en bekoorlike verblyf in die Wynmakers Kothuis, die Silo en die Stalle gebied. Die Wynmakers Kothuis het slaapplek vir 4 gaste en is vir selfsorg toegerus. 'n Aparte bed vir kinders is op versoek beskikbaar. Gaste kan in die hangmatte ontspan en 'n uitsig oor die wingerd geniet. Die Silo is 'n oorspronklik plaassilo-gebou wat in blyplek omskep is en het slaapplek vir 2 volwassenes. Die Silo het 'n kombuisie met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n broodrooster, mikrogolfoond, 'n yskassie en 'n Nespresso-masjien. Die Stalle is opgeknapte plaasstalle agter die kelder wat in blyplek omskep is. Daar is slaapplek vir 4 gaste en 1 kind en is vir selfsorg toegerus.

Gaste kan die wingerd verken, in die damme swem en die sonsondergang en uitsig oor die Swartland geniet. Dit is 'n produserende plaas en daar is 'n liefde vir diere. Gaste kan honde, perde, hoenders, poue, tarentale en hasies verwag.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Jakkalsfonteinweg, Paardeweg, Kalmoesfontein Plaas, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jakkalsfonteinweg, Paardeweg, Kalmoesfontein Plaas, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAL2NAX07yDieICWTsdi74PX1UMLgXacq9vFiVLDOThjObnbf7j9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) Jakkalsfontein Road, Paardeberg Kalmoesfontein Farm 7299 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.541916179325 18.818739423942
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za