Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aalwyn Akkommodasie

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van Robson-straat en Road 1, 12A, Hillside, Randfontein, 1760, Gauteng
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aalwyn Akkommodasie is in Hillside, 'n buurt in Randfontein 12 km buite die dorp. Aalwyn bied selfsorgverblyf in 'n stil omgewing ver van die gedruis van die stad.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede wat slaapplek aan tot 11 gaste bied. Nguni House het plek vir 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n enkelbed. Daar is ook 2 badkamers waarvan die een 'n bad het en die ander 'n stort. Verder het die eenheid 'n TV en 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof en 'n oond toegerus is. Daar is 'n sonkrag-geiser in alle woonstelle en die huis het 2 sonkragstelsels, maar die bad se geiser werk met elektrisiteit.

Flat 6 het weer slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed en daar is 'n stort in die badkamer. Verder het die eenheid 'n TV en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, klein tweeplaatgasstoof en 'n klein, elektriese oond wat op die toonbank staan toegerus is.

Kamers 1 en 2 het elk plek vir 2 gaste. Kamer 1 het 1 koningingrootte-bed en Kamer 2 het 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Kamer 2 het 'n ekstra yskassie en 'n mikrogolf. Die gedeelde kombuis is met 'n yskas en gasstoof toegerus.

Die eiendom is binne 'n uur en 'n half se ry van Sun City en net 'n uur van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe af. Die Wieg van die Mensdom in Sterkfontein is slegs 25 km van die verblyf af en die Krugersdorp Wildreservaat is 20 km hiervandaan. Daar is 'n ovaalbaan sowat 7 kilometer ver en ook 2 oefenbowwe naby.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
3.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Carol Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Hoek van Robson-straat en Road 1, 12A, Hillside, Randfontein, 1760, Gauteng
  • Gaste dink Aalwyn Akkommodasie het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van Robson-straat en Road 1, 12A, Hillside, Randfontein, 1760, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVhYjBmNGE1LWRmODktNGJlZi1iZTgxLTBhMjVjNDlkZWM4NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 c/o Robson Street & Road 1 12A, Hillside 1760 Gauteng 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -26.225674064946 27.609219253063

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang