Aan de Heuvel Self-catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 35 % af

Kry 35% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 29 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Aan de Heuvel Self-catering Cottage is 'n smaakvol gemeubileerde kothuis in Swellendam, Suid-Afrika se derde oudste dorp. Swellendam spog met 'n rits opwindende besienswaardighede, meer as 50 nasionale monumente en die grootste wildebraambessie-streek in die wêreld. Gaan pluk bessies, proe heerlike likeur en onderneem interessante historiese uitstappies!

Aan de Heuvel Self-catering Cottage het slaapplek vir 4 volwassenes in 2 slaapkamers, en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en gaste wat hiér slaap maak van die hoofbadkamer met 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet gebruik. Albei slaapkamers se beddens kan as enkelbeddens opgemaak word en het deure wat toegang tot die dek met 'n uitsig op die Langeberge bied. Die slaapbank in die woonkamer is vir 'n kind of 'n tiener geskik, maar dit moet vooraf gereël word.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met sitplek. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste en daar is 'n gemaklike rusbank in die leefarea wat na 'n lieflike patio met 'n tafel en 4 stoele lei.

Die kothuis het 'n uitsig op die berge en oor die dorp, 'n knus kaggel en 'n beskutte braaiplek langs die swembadjie in die tuin.

Slaapplek

'n Bespreking by Aan de Heuvel Self-catering Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aan De Heuvel Self-catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 R845 per nag (vir 4 mense)

Kry 35% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 29 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false