Aan Die Oewer B&B Graaf-Reinet

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aan die Oewer nooi jou uit om die gerief, rus en vrede van ons 3-ster-geriewe en puik diens te kom ervaar.

Die gastehuis is op die oewer van die Sondagsrivier geleë, in 'n stil deeltjie van dié geskiedkundige dorpie. Aan die Oewer bied B&B- en selfsorgverblyf met al die nodige. Met die B&B-opsie is 'n volledige Engelse ontbyt beskikbaar. Ons het 2 gesinseenhede en 5 enkeleenhede wat elkeen 'n privaat ingang, en suite-badkamer, DStv se sport- en fliek-kanale, lugversorging, braaigeriewe en veilige parkeerplek het.

Die swembad- en lapa-areas is ideaal vir 'n koue, verfrissende drankie op 'n warm somersdag en kan ook gebruik word as konferensiegeriewe vir klein groepe van tot 20 mense. Gaste kan verseker wees van asemrowende uitsigte oor die omliggende berge en wildreservaat, of jy kan net lekker ontspan in die skaduwee van die ou eikeboom wat uitkyk oor die groot speelarea vir kinders.

Graaff-Reinet en die omliggende omgewing bied 'n verskeidenheid prettige en sport aktiwiteite asook 'n hele aantal restaurante. Saans kan jy net lekker agteroor sit en die vrede en stilte geniet terwyl jy na die eindelose ster-bespikkelde Karoohemel kyk.

Ontbyt is 'n opsionele ekstra teen R80 per persoon.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aan Die Oewer B&B Graaf-Reinet gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za