Abalone Exclusive Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abalone Exclusive Apartment is 'n eenslaapkamer-eenheid van sowat 150 m² met verskillende vlakke wat deel vorm van Abalone Villa. Dit is in die gesogte Bloubergstrand Village, 20 minute se ry van Kaapstad af.

Die eenheid het 'n aparte ingang, ingangsportaal, slaapkamer met instapbadkamer met bad en stort, 'n studeerkamer met onbeperkte internettoegang, kombuis, leefkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n binnebraai. Buite is daar 'n lieflike patio met see-uitsigte, klein tuin met 'n buitestort en 'n enkelmotorhuis. Daar is 'n uitstekende sekuriteitstelsel op die perseel.

Reëlings kan getref word om kinders teen geen addisionele kostes te akkommodeer, maar die woonstel is nie spesifiek hiervoor ontwerp nie.

Abalone Exclusive Apartment is naby wêreldbekende vlieërbranderplankry- en seilplankry-plekke, Big Bay, Tafelbaai-strand, wat ook as Dolfynstrand bekendstaan, en die kindervriendelike Kleinbaai. Dit is naby verskeie winkelsentrums, uitstekende restaurante en ander eetplekke. Die MyCiti-busroete na Kaapstad en die V&A Waterfront is 50 m van jou voorstoep af.

Slaapplek

'n Bespreking by Abalone Exclusive Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abalone Exclusive Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za