Abangane Gaste Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abangane Guest Lodge bied luukse verblyf in Hazyview, Mpumalanga. Hierdie toonaangewende gaste-lodge is net 1 km buite Hazyview op die Sabie-pad in die hartjie van Mpumalanga, die tuiste van die Krugerwildtuin, geleë. Die eienaars is Suid-Afrikaans en Duits en waarborg internasionale flair, gasvryheid en professionaliteit.

Abangane Gaste Lodge bied ruim, smaakvol gemeubileerde, luukse kamers elkeen met 'n en suite-badkamer. Elke kamer het 'n leefhoekie waar jy kan ontspan en 'n aparte spieëltafel. Die kamers het elkeen muskietnette, 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassies en koffie- en teemaakgeriewe. Elkeen van ons kamers bied ’n ongelooflike uitsig oor die beeldskone omgewing en het 'n ingang vanaf die ruim veranda.

Die lodge is in 'n beeldskone tuin geleë en grens aan 'n privaat wildplaas omring deur 22 hektaar-bosveld. Dit bied asemrowende natuurskoon, skilderagtige staproetes en voëlkyk-geleenthede. Gaste kan in die winter of somer in ons randvloeiswembad ontspan aangesien dit verhit is. Daar is ’n trapmeul en ander sporttoerusting in die tuin.

Skop jou dag af met 'n heerlike ontbyt in ons eetkamer. Ná 'n dag vol avonture omring deur ons natuurskoon, kan jy met 'n skemerkelkie ontspan, terwyl ons jou kersligete voorberei. Probeer gerus 'n konjak of likeur ná ete op ons houtdek of in die sitkamer, of geniet 'n nagsopie by die kroeg voor jy terugkeer na jou luukse kamer. Die sitkamer het ’n heerlike kaggel. Daar is ’n professionele wynyskas met byna 200 bottels van Suid-Afrika se beste wyn in alle prysklasse vir die gaste by die eerlikheidskroeg.

Koffie, tee en tuisgebakte koeke is beskikbaar deur die loop van die dag teen geen ekstra koste nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abangane Gaste Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false