LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+29
Gastehuis in Keidebees

Abbiamo Guest House

  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 22 Jan Groentjie Drive East, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Abbiamo Guest House bied bekoorlike en stylvolle verblyf. Ons is in Keidebees, 'n luukse woonbuurt in Upington, geleë. Abbiamo Guest House is werklik 'n droom wat waar geword het. Met ons hartlike ontvangs en gasvryheid bied ons graag 'n oase in hierdie warm klimaat.

Ons gastehuis is opgemaak met stylvolle, moderne en gerieflike dekor om ons gaste so tuis te laat voel soos by hulle eie huis. Ons bied kamers met en suite-badkamers met 'n groot stort en handdoeke. Al die kamers beskik oor 'n privaat ingang. Al die kamers is toegerus met die nodige geriewe om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak, insluitend lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, komplimentêre koekies, yskassies en TV's met geselekteerde DStv-kanale. Jy kan uitsigte op die tuin geniet vanuit sommige kamers en elke kamer het 'n klein agterplaas. Verder is daar ook braaiplek vir die gaste en strykgeriewe.

Kom ontspan in ons pragtige, ruim kamers. Koel af en herlaai jou batterye, of dit nou vir 'n vinnige oornag is of om 'n hele paar dae by ons deur te bring. Ons streef daarna om ons gaste gelukkig te maak en om elke liewe nag se verblyf onvergeetlik te maak.

Eet lekker by die restaurante, of besoek selfs die casino. Ons is ook naby aan die Oranjerivier geleë.

Ons voorsien veilige parkeerplek op die perseel vir ons gaste. Die gastehuis is net 'n entjie se ry van verskeie winkels, restaurante en vermaak af. Hoekom kom bly jy nie by Abbamio Guest House nie? Hier kan jy al die doendinge in Keidebees verken en die uitspattige lewe leef!


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Johannes P
Saam met lewensmaat
5.0
Goed geleë, veilig en alles was skoon en netjies. Baie lekker gebly, dankie.
Okt 2026
Stefan S
Besigheidsreis
5.0
Baie netjies en skoon. Veilige ligging en kliëntediens is puik. Sal definitief weer. Baie netjies en skoon. Veilige ligging en kliëntediens is puik. S...
Sien meer
Aug 2026
Lusette G
5.0
Heerlik, skoon en netjies. Dit was perfek vir ons.
Apr 2026
Maria V
Gesin met klein kinders
5.0
Very pleasant stay, would recommend it to my friends and family. Very peaceful, wonderful host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2026
Illze L
Gesin met klein kinders
5.0
Voorwaar 'n plek waar enige persoon sy kop kan gaan neerle. Ons het net een nag oornag, maar sal Abbiamo vir almal aanbeveel. Dis skoon en netjies en ...
Sien meer
Mrt 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 11 jaar

Antwoord gewoonlik binne ’n uur

Ligging

  • 22 Jan Groentjie Drive East, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Abbiamo Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek

22 Jan Groentjie Drive East, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZlYWEzMmM1LWE4MmItNGNmNi04MDRjLWNlY2RmYzA1ZTE5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 70 5 1 5 22 Jan Groentjie Drive East Keidebees 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.438858227931 21.299789277447