LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Abendruhe Lodge | LekkeSlaap
+30

Abendruhe Lodge

Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 37 resensies vir Abendruhe Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5
Lani R - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lani R
Gesin met klein kinders

Gesellige houthuis in die bosveld.

Gerieflike, silwerskoon verblyf met mooi uitsigte oor 'n watergat waar diere gereeld kom drink. Die dubbelverdieping familie-eenheid is ruim en gesellig; ook baie goed toegerus vir selfsorg. Gunter se wildritte is baie interessant en leersaam. Daar is net 4 chalets op die perseel, wat bydra tot privaatheid en rustigheid. Vriendelike eienaars wat uit hul pad gaan. Dit was ons tweede besoek, maar beslis nie ons laaste nie.

Jacques M - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques M
Gesin met tieners

Fantastiese plek, fantastiese gasvryheid.

Die lapa en eerlikheidskroeg (met hout, ys, ens.) werk fantasties. Dankie julle!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Hallo Jacques
Baie dankie, waardeer! Was aangenaam om julle by ons te hê.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Heleen E - Jun 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heleen E
Saam met vriende

Was baie lekker, die gasvrou is fantasties en die verblyf uitstekend.

Die naweek was perfek, die mooiste plek ooit!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Heleen
Baie dankie vir die terugvoer. Ons waardeer die woorde "mooiste plek" opreg! Dit was aangenaam on julle by ons te huisves.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Marcel K - Jun 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marcel K
Saam met vriende

Dit was een van die lekkerste ervarings wat ek al gehad het. Dit het al my verwagtinge oorskry en ek sal beslis weer terug gaan!

Anita en haar man wat ongelooflik vriendelike en hulpvaardig. Die blyplek was in 'n wonderlike toestand, alles was netjies, skoon, mooi en in perfekte, werkende toestand. Daar is alles wat mens nodig het, water, dubbelpuntproppe, haardroër, boma-area en nog baie meer. Die area is pragtig en stil. Daar is 'n watergat en diere wat deur die dag kom inloer. Dis beslis 'n plek wat ek met vertroue kan aanbeveel en waarna toe ek oor en oor sal terug gaan.

Lizel N - Mei 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizel N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige naweek in Dinokeng.

Rustige atmosfeer, ideale ligging. Gaspaar vriendelik en behulpsaam. Wildrit saam Gunter word hoogs aanbeveel. Dit is nou ons gunsteling plek vir 'n naweekwegbreek in die reservaat.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Lizel
Julle het sommer soos ou vriende gevoel! Dankie vir julle aangenaamheid en vir die mooi terugvoer. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom by Abendruhe.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Ria V - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ria V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie geweet dat daar so 'n lieflike bosveldplek so na aan Pretoria nie.

Eerstens was die ontvangs deur die gasvrou en gasheer baie vriendelik en professioneel. Die wooneenheid was met meer toegerus as wat ons verwag het. Die waterverkoeler met heerlike water was 'n groot bederf. Gasheer en -vrou se besoekie elke aand om seker te maak alles is in order is 'n besonderse gebaar van omgee. Kan nie wag om weer te gaan kuier nie.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Ria
Baie dankie vir die mooi woorde en positiewe terugvoer. Dit is altyd lekker vir ons om mense te huisves wat regtig 'n waardering vir die bos het!
Ons hoop om julle sommer gou weer te sien!
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Reinier S - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Reinier S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker.

Lekker ontspan en na wild gekyk.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Reinier,

Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensensie te skryf, dit word opreg waardeer, en vir al die 5 sterretjies oral!
Bly om te hoor julle het ontspan en ons hoop om julle in die toekoms weer te kan verwelkom.

Vriendelike groete,

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Dirk L - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekkerste rus in vrede in die bosveld. Abendruhe word sterk aanbeveel.

Die ligging is uitstekend met 'n watergat wat wild besigtiging sommer van die deck of swembad maklik maak. Vir 'n lekker rus in die luukse selfsorg-eenhede sal ons definitief weer daar gaan kuier.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Dirk,

Baie dankie vir jou positiewe resensensie, dit help ons geweldig baie met ons bemarking in moeilike tye.
Groete tot 'n volgende keer.

Vriendelike groete,

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Jaco P - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco P

Uitstekend!

Vriendelike gashere en perfekte wegbreek opsie.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Baie dankie Jaco. Dit was aangenaam om jou en jou familie by Abendruhe te huisves.

Vriendelike groete

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Lindie W - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lindie W
Saam met eggenoot / lewensmaat

In die middel van die bosveld in 'n pragtige houthuis waar die stilte jou siel kom voed.

Abendruhe is 'n vreeslike mooi plek in die middel van die bosveld. Ons kuiertjie was beslis te kort. Die gasvryheid was warm en verwelkomend en ons het dadelik tuis gevoel. Dankie, Gunter en Anita, vir 'n perfekte aand by julle. Ons sien mekaar gou weer.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Hallo Lindie

Baie dankie vir jou mooi woorde, dit beteken baie vir ons. Ons hoop om julle gou weer te sien.

Vriendelike groete

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Rickey D - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rickey D
Gesin met klein kinders

Uitstekende verblyf en waarde vir geld.

Hoewel ons naweek-kuier redelik beperk was weens ongure weer, het ons steeds 'n fantastiese ruskans geniet by Abendruhe. Die huisies is beter toegerus as wat mens sou verwag en die eienaars gaan uit hul pad om te verseker dat gaste 'n aangename tyd geniet op Abendruhe. Ons sal beslis weer teruggaan en kan die lodge sonder twyfel aanbeveel vir ander reisigers.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Rickey

Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf. Ons waardeer die positiewe terugvoer opreg en ons hoop om julle gou weer terug te kan verwelkom by Abendruhe.

Vriendelik groete

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Yolanda V - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolanda V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties, rustig, vreedsaam, gerieflik.

Van die stappe hoe om daar te kom was dit met uiterste akkuraatheid gedoen. Ons is hartlik ontvang deur Anita, alles was baie mooi aan ons verduidelik en daar is aan alles gedink om ons tyd daar die beste te maak. Die wildrit was ook langer as wat ons gedink het, maar Gunther het gesorg dat ons absoluut baie leer oor die bos, die wild en dit was definitief die moeite werd. Anita en Gunther het regtig seker gemaak ons is gerieflik en het ook kom inloer. Dit voel of mens nuwe vriende by gekry het. Die skoonmaakdiens was beslis ook 'n bonus.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Yolanda

Baie dankie vir jou mooi woorde en positiewe terugvoer. Dit was weer vir ons net so aangenaam om julle by ons te hê en ons hoop tog om julle weer te sien in die toekoms!

Vriendelike groete,

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Manda R - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Manda R
Gesin met klein kinders

Heerlik en ontspanne.

Heerlik en ontspanne, veral vir mense wat hou van BRAAi, swem en die natuur! Vriendelike eienaars, vriendelike en uitstekende diens! Ons sien uit om die res van die familie ook hierheen te bring!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Manda

Ons sien uit daarna om die res van die familie ook te kan ontmoet en aan Abendruhe voor te stel!

Vriendelike groete,

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Madelein V - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madelein V
Gesin met tieners

Sielsrus.

Ons is baie vriendelik ontvang. Ons eenheid was baie skoon en gerieflik. Baie goed toegerus. Aangename wildrit gehad met baie interessante inligting. Gunter en Anita sal ons beslis weer sien (en Stokkies)!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Madelein
Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf. Ons waardeer die postiewe terugvoer en ons verwelkom julle graag terug by Abendruhe.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter (en stokkies)

Abendruhe Lodge
Anda E - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anda E
Gesin met tieners

Heerlik.

Ons was mal oor ons verblyf en ons gashere was baie aangenaam. Sal beslis weer daar bly.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Rejuvenating!

We loved our stay at Abendruhe and found our hosts to be very pleasant. We will definitely pay them another visit.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Anda

Dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf.
Dit was aangenaam om julle by Abendruhe te hê.
Ons hoop jy het 'n wonderlike verjaarsdag gehad.
Ons verwelkom julle graag weer by ons.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Cornel B - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornel B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Kos vir jou siel!

Die chalets is goed ingerig. Alles wat jy aan kan dink is daar. Anita en Gunter is uitstekende gasvrou en gasheer. Ons sal vir seker weer gaan!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Cornel
Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf. Word opreg waardeer saam met die positiewe terugvoer!
Dit was aangenaam om julle by Abendruhe te hê en so lekker om te hoor julle sal weer kom.
Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom in die toekoms.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Arjen L - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Arjen L
Gesin met klein kinders

Fantastiese geriewe, baie goeie en vriendelike diens, rus en vrede.

Pragtige eenhede toegerus met lugverkoeling en baie benodigdhede. Lekker stoep om diere in die veld te soek vanaf jou rusplek. Lekker braaigeriewe en swembad waar jy kan ontspan. Baie vriendelike eienaars kom maak elke aand 'n draai om seker te maak alles is in orde. Baie dankie, julle sien ons weer!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Arjen
Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf en vir jou mooi en positiwe terugvoer.
Baie besef dit nie maar dit is resensies soos joune wat ons help om ons doel te bereik. En dit is om die beste selfsorg Instansie in Dinokeng te wees.
Dit was baie aangeneem om julle by ons te hê en ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom.
Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Kevin P - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kevin P

Exceptional hosts and great accommodation in the bush, but only a short drive from the city!

We were a family group of 7 adults spanning 3 generations and we all agreed that our 3 days spent at Abendruhe were totally enjoyable. Anita and Gunter are lovely hosts, getting the balance just right between friendliness, space and privacy. Their knowledge of the local wildlife and nature is outstanding and the early morning game drive with Gunther is highly recommended. The accommodation more than lived up to our expectations as did the shared facilities like the sparkling swimming pool. We look forward to a return visit to Abendruhe Lodge.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Dear Kevin

Thank you for taking the time to write a review for us, we really do appreciate the lovely feedback.

It was a pleasure hosting you at Abendruhe and Gunter had the best time with you guys on the game drive! Sincerely hope you enjoyed the rest of your stay here in South Africa and we do look forward to having you back in the future!

Abendruhe greetings!

Gunter and Anita

Abendruhe Lodge
Esther W - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Esther W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Alles wat jy nodig het vir 'n wonderlike wegbreeknaweek!

Ons het die naweek baie geniet. Slegs 125 km van Benoni af en jy is in die ongerepte natuur. Die hutte is volledig toegerus met alles wat jy kan nodig kry met selfs lugversorging en vol pakket DStv. Baie skoon en netjies. Ideaal vir 2 persone. Gunter en Anita was baie vriendelik en behulpsaam en het seker gemaak ons het alles wat ons verlang. Wens ons kon langer bly!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Esther,

Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf, en vir die baie mooi terugvoer. Ons waardeer dit opreg! En natuurlik wens ons ook julle kon langer bly om die ongerepte natuurskoon van Dinokeng te geniet. Abendruhe Lodge is trots om deel te kan wees van die reservaat en met resensies soos julle s'n kan ons net vorentoe gaan.

Ons hoop om julle spoedig weer te kan verwelkom by Abendruhe.

Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Bernhard M - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bernhard M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Ons het 'n wonderlike naweek hier spandeer. Ons het ons naweek afgesluit met ons verlowing. Die eienaars, Gunter en Anita, is ongelooflik en gaan uit hul pad uit om mens tuis te laat voel. Die chalets is vyf ster met 'n uitsig oor die dammetjie waar die diere drink. Ons het baie wild gesien en ook beleef hoe drie leeus 'n paar blou wildebeeste probeer vang. Ons kon nie vir 'n beter naweek vra nie. Gunter en Anita, baie dankie vir alles, ons sien julle weer. Julle het ons baie bederf.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Bernhard en Alida,
Ons was baie bevoorreg om deel te kon wees van julle spesiale dag. Dankie vir die lieflike terugvoer en julle mooi woorde. Ons probeer graag hier by Abendruhe om net daardie bietjie ekstra te doen. So bly om te hoor julle sal weer kom! Sterkte met die volgende stap wat die reël van die troue sal wees. Jul is altyd welkom hier.
Vriendelike groete,
Gunter en Anita

Abendruhe Lodge
Andrea D - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andrea D
Gesin met klein kinders

Baie spesiale plek met ongelooflike diens.

Die verblyf is uit die boonste gestoeltes met uitmuntende diens. Ons kan dit sterk aanbeveel. 'n Wonderlike ervaring. Wens ons kon langer bly.

Gugu M - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gugu M

Tranquility at its best.

What an amazingly gorgeous and serene place this is. Our expectations were exceeded from a chalk board welcome at the entrance to experiencing a home away from home. 2 nights is definitely not enough and we can't wait to go back. Thank you Gunter and Anita for the warm welcome and such a beautiful place with loving and friendly staff.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Dear Gugs,

Thank you very much for taking the time to write a review for us and for your kind words. We welcome the fact that our efforts are being noticed here at Abendruhe. We look forward to welcome you back!


Kind regards,

Anita

Abendruhe Lodge
Dries V - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dries V

Fantasties!

Fantastiese verblyf en omgewing met 200% ondersteuning van eienaars. Lugversorger is 'n lewensredder. Verblyf bietjie klein vir 4 volwassenes. Dankie Gunter en Anita. Sal definitief weer kom.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Beste Dries,

Baie dankie vir die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf, ons waardeer dit opreg. Ook vir jou positiewe terugvoer oor die ondersteuning. Dit was aangenaam om julle te ontmoet en julle hier by ons te hê. Ons hoop om julle gou weer in die toekoms te sien.

Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Sune S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sune S
Gesin met klein kinders

Rustige atmosfeer en lieflike mense, baie oulik uiteengesit.

As jy uit die stad uit wil kom, nie te ver wil ry nie en jouself wil geniet tussen bosveld is dit die plek vir jou. Met die beste en vriendelikste kliëntediens van die personeel. Dan is dit ook naby aan Mystic Monkeys, as jy met baba leeutjies wil speel. Die ligging van die plek is die perfekste plek om rustig te word en heeldag na die wilde diere te kyk terwyl die kinders swem.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Beste Sune,

Baie dankie vir jou tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf, ons waardeer dit opreg. Dit was 'n plesier om julle hier by ons te hê en ons is altyd bly as ons gaste hulle tyd hier in die bos geniet. Dankie ook vir jou mooi woorde oor die personeel. Dit is altyd lekker om te hoor, julle is enige tyd welkom by Abendruhe.

Vriendelike groete,
Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Anndine S - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anndine S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Soveel meer as wat ons verwag het!

Die huisies is toegerus met als wat mens nodig het om jou naweek weg te geniet, van braai tongs tot kamp stoele het die gashere verseker jy hoef net jouself saam te bring. Anita en Goenter ontvang mens met soveel vriendelikheid dat mens soos ou vrinne voel! Hoogs aanbeveel vir ‘n bietjie sielsrus en natuurprag!

Khanyi Z - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Khanyi Z
Saam met vriende

Overall we were not happy with service at all.

The lodge is beautiful, but the stay was unpleasant because of the service really, it was bad from the minute we got there, the was no proper welcome greetings done and we were not giving any tour around the lodge when we got there, but the next day when other guests came through they were given a proper tour, the owner (male owner) of the place was never able to speak to us appropriately on our day of arrival, there was no electricity the whole evening from 19:00 pm on Friday which was when we got there.

Thabo M - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thabo M
Saam met vriende

Fantanstic place to be in for a stay.

See stars.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Dear Thabo

Thank you for taking the time to write a review for us. We appreciate your positive feedback and we hope to welcome you back in the near future.

Kind regards

Anita

Abendruhe Lodge
Moira D - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Moira D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beautiful, quiet, with everything you need, highly recommended.

Beautiful, quiet, very well organised with everything you need.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Dear Moira

Thank you for taking the time to write a review for us. We appreciate your positive feedback and the recommendation. It means a lot.

Kind regards

Anita

Abendruhe Lodge
Johan R - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan R
Enkelreisiger

Dit was great!

Dankie aan die bestuur, dit was aangenaam. Sal weer kom.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Beste Johan

Baie dankie vir die the geneem om vir ons 'n resensie te skryf. Ons waardeer dit opreg, ook vir jou positiewe terugvoer.

Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom.

Vriendelike groete

Anita

Abendruhe Lodge
Laura S - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laura S
Gesin met tieners

Die chalets is baie goed toegerus.

Kies beslis een van die chalets teen die draadgrens, want dan kan jy wild van jou stoep dophou. Vat 'n opvoustoel en drankie en 'kamp uit' by die watergat so teen sononder.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Goeiedag Laura,

Baie dankie vir die tyd geneem om die resensie te skryf.

Die eenhede is so geposisioneer sodat die watergat sigbaar is van all eenhede af, maar dankie vir die terugvoer.

Vriendelike groete,
Anita

Abendruhe Lodge
Belinda K - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Belinda K
Gesin met tieners

Treasure found in Dinokeng!

From the moment we drove up to the gate, we were treated like princes and princesses entering their palace. The accommodation was clean, well stocked and tastefully decorated. The hosts were warm and welcoming without encroaching on our privacy and they made us feel as if we owned the place ourselves. The complementary tea, coffee and braai wood was a wonderful touch to the overall generosity and kindness we received from all the staff. I would recommend it to anyone wishing to explore this lovely part of the high veld. You will not be disappointed.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Dear Belinda,

Thank you very much for taking the time to write a review for us, we appreciate it very much.

As for your kind words, I don't know how to thank you. We really strive towards being the best sel-catering Lodge here in Dinokeng, and are happy to hear that we are on the right track.

Best wishes for you and your family, and know that you will always be welcome here at Abendruhe Lodge.

Kind regards,

Anita and Gunter

Abendruhe Lodge
Johanco M - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johanco M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Is 'n ongelooflike mooi plek. Uitstekende kliëntediens.

Ek sal dit enige tyd aanbeveel vir egpare wat opsoek is na 'n rustige wegbreekplek waar jy deel van die natuur kan wees.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe JJ

Baie dankie dat jy die tyd geneem het om die resensie te skryf, ons waardeer die positiewe terugvoer en mooi woorde. Ons wens jou en jou pragtige nuwe vrou, net die beste toe vir julle toekoms saam.

Vriendelike groete

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Sanmarie S - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sanmarie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Tranquillity in the heart of Africa.

Fantasties. Diens en gasvryheid bo verwagting. Verblyf gerieflik, rustig en met heelwat wild sigbaar (insluitend terwyl jy braai!).

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Sanmarie

Baie dankie dat jy die tyd geneem het om die resensie vir Abendruhe te skryf en ook vir die positiewe terugvoering. Dit word opreg waardeer.
Dit was 'n plesier om julle by Abendruhe te hê en ons hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom.

Abendruhe Lodge
Joha D - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joha D
Gesin met klein kinders

Pragtig versorg en perfek vir ontspan in die bosveld.

Ons het weer bespreek.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Joha

Baie dankie vir die tyd geneem om die resensie vir ons te doen. Ons waardeer die positiewe terugvoering opreg. Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom by Abendruhe.

Abendruhe Lodge
Cindy-jane S - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cindy-jane S

Rustig, netjies en waarde vir geld.

Ons het baie lekker gebly en die kliëntediens was uitstekend. Anita het uit haar pad gegaan om ons gemaklik en gelukkig te maak. Die lugversorging in die huisie het ons lewens gered! Ons sal weer hier kom bly in die toekoms!

Abendruhe Lodge's terugvoer

Liewe Cindy

Baie dankie vir die tyd wat jy geneem het om die resensie te skryf en vir die positiewe terugvoer, ons waardeer dit regtig opreg. Dit was vir ons aangenaam om julle te huisves, so gemaklik en rustig. Ons streef daarna om hier by Abendruhe vir ons gaste 'n gerieflike omgewing te skep, sodat hulle kan ontspan en vergeet van die gejaagde stadslewe. Ons verwelkom julle graag terug by ons. Vriendelike groete, Anita en Gunter.

Abendruhe Lodge
Gert H - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gert H
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Fantastiese wegbreek naweek.

Baie mooi chalets, baie goed toegerus met vol DStv en lugverkoeling en alles wat mens moontlik nodig het. Swembad vir wanneer dit te warm raak. Wil dankie sê vir Anita en Gunter vir hulle vriendelikheid. Mens voel sommer direk welkom. Ons het dit baie geniet. 'n Lieflike uitsig vanaf die veranda oor die watergat waar die diere kom water drink. Sal volgende keer beslis langer bly as net 'n naweek.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Beste Gert

Baie dankie vir die tyd wat jy geneem het om die resensie te skryf. Dit word so opreg waardeer, ook vir jou mooi woorde. Dit was 'n plesier om julle by ons te hê en ons sien uit na die volgende keer om jul terug te verwelkom.

Vriendelike groete

Anita en Gunter

Abendruhe Lodge
Jolene B - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jolene B
Gesin met klein kinders

Heerlike wegbreek, so naby aan die stad, salig!

Pragtige hout-cottage, goed ingerig vir gesin van 4. Geen tekort aan enige iets. Gunter en Anita baie aangenaam en sal beslis weer 'n bespreking maak by hulle in die somermaande. Baie mooi swembad, klipgooi van die cottages.

Abendruhe Lodge's terugvoer

Baie dankie vir die positiewe en pragtige terugvoering, ons waardeer dit so opreg. Ons verwelkom julle graag terug op Abendruhe.

Abendruhe Lodge
Vanaf R1 488
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 488
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 488
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erfdeel 113, Klipdrift, Dinokeng, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA52c849047e278f1e5789bf1dd05b0b9c1a51bb480277db48adf56cc84228f70ac06cd09d33331a0479764f9d13849ff727eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 488  per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 Portion 113, Klipdrift Dinokeng 0400 Gauteng 086 999 0018 15:00-19:00 09:00 -25.38328971449 28.333601554235
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!