Addis Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Addis Bed and Breakfast, slegs 3 km vanaf Umhlanga Rocks, bied gerieflike verblyf vir gaste wat op soek is na 'n wegbreekplek ver verwyder van die stad se rumoer.

Ons bied verblyf in 12 kamers. Elke kamer het lugversorging, 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie. Ander geriewe in elke kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in. Daar is ook 'n selfsorg-eenheid met 'n ten volle toegeruste selfsorgkombuis, en 'n gesin-eenheid met 2 skakelkamers wat dit makliker maak vir gesinne wat reis.

'n Engelse ontbyt word elke dag bedien saam met sap, jogurt, ontbytgraan, vrugteslaai en muffins. Veilige parkeerplek word voorsien en gaste kan in die tuin, langs die swembad of in die gemeenskaplike sitkamer ontspan. Vir jou gerief is WiFi ook beskikbaar.

Addis Bed and Breakfast is net 10 km van Sibaya Casino af en 15 km van Umgeni Voëlpark af. Durban en King Shaka Internasionale Lughawe is omtrent 20 km van ons af geleë. Umhlanga is 'n top-vakansiebestemming wat deur die warm Indiese Oseaan, lang strande, rotsagtige kus, suikerriet-plantasies en 'n subtropiese klimaat gekenmerk word. Die gewilde kus bied dolfyn- en walviskyk, riviervlotvaart, vierwielmotorfiets-roetes, "air flips", valskermspring, mikrovliegtuig-vlugte, perdry, diepseehengel en skiboot-visvang. Nabygeleë besienswaardighede sluit die Natal Sharks Board, uShaka Marine World, Suncoast Casino, Gateway Theatre of Shopping en die kulturele dorpies van Shakaland in.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Addis Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 149 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za