LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Affi Lande Boetiek Gasteplaas | LekkeSlaap
+140

Affi Lande Boetiek Gasteplaas

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Affi Lande Guest Farm, R26, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Affi Lande Boetiek Gasteplaas is tussen die manjifieke Witteberge, Rooiberge en die Malutiberge in die wonderskone Oos-Vrystaat geleë en is 'n unieke sandsteen-toevlugsoord. Dié mooi gasteplaas is net 5 km van Fouriesburg af geleë, 35 km vanaf Clarens, en net 10 km vanaf die Caledon-grenspos na Lesotho.

Verblyf word gebied in 4 selfsorg-chalets en die Hartbees Villa.
Al 4 chalets is volledig toegerus vir selfsorg. Elkeen het 'n kombuis, 'n groot stoep, 'n ingeboude sandsteenbraai en kaggel, dagbeddens en tafels en stoele van goeie gehalte. Al die chalets is privaat en ruim met 2 of 3 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer, 'n koningingrootte-bed met Egiptiese katoenlinne en donsveerduvets en -kussings het. Die kombuis het 'n stoof met 'n oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas, eetgerei en breekware. Hartbeesvilla is 'n luukse sandsteen-chalet met 'n pragtige uitsig op die berge en het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet, en daar is 'n sitarea, kombuis, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n privaat ingang en 'n stoep.

Die venue, boma en Kuierkraal kan ook gehuur word vir groepsverblyf soos familiereünies of 'n spesiale verjaarsdag.

Stap of ry op die pragtige watertonnels wat vir 'n ervaring sal sorg of vat 'n piekniekmandjie berg toe in die somer. Daar is voetslaanroetes, 'n besoek aan die Rebellie-gedenkteken, voëlkyk en bergfietsry op die plaas te geniet.

Doendinge sluit ook 'n canopy-toer, 4x4, 'n dinosourus-roete, en 'n besoek aan 'n sprokieskasteel in. Die AfriSki Oord is slegs 80 km van ons af en ideaal vir 'n besoek waar jy 'n dag in die sneeu kan spandeer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 78 resensies vir Affi Lande Boetiek Gasteplaas
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Affi Lande Guest Farm, R26, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Affi Lande Boetiek Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Affi Lande Guest Farm, R26, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd55b0c8a6687b7cf794e0077d8caf55469c168a41cc99d985a10a0664d5309f9b06df3e48ebbcb35038b47f34558a84c62e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000  per nag, vir 2 mense 78 5 1 5 Affi Lande Guest Farm R26 9725 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.594488794519 28.203856945038
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!