AfriCamps Addo
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
AfriCamps Addo bied 'n unieke boetiekglanskamp-ervaring met 'n uitsig oor golwende groen heuwels in die hartjie van Addo. Dit is op die pragtige Hayterdale Trails-eiendom aan die voet van die Zuurberge geleë en is ideaal vir 'n onvergeetlike vakansie saam met familie en vriende.
Die kamp bied verblyf in 8 lieflike tente wat elkeen slaapplek aan 5 gaste bied. Elke struktuurtent beskik oor 2 slaapkamers met plafonwaaiers en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die tent lei na 'n groot L-vormige dek met sitplek, braaigeriewe, 'n hangmat en 'n houtvuurwarmbad.
Die tente bied maklike toegang tot 50 km se skilderagtige bergfiets-, velddraf- en staproetes deur geelhoutwoude en oor golwende bosveldheuwels wat met antieke broodbome bespikkel is. Daar is ook meer as 160 voëlspesies te sien en selfs dalk swartwitpense en njalas in die bewarea op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Andrea Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 159
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Gaste dink AfriCamps Addo het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sonskynkus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom