AfriCamps at Ingwe
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: AfriCamps at Ingwe, Plettenberg Crags, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
AfriCamps at Ingwe bied 'n unieke boetiekglanskamp-ervaring met 'n uitsig oor die bosagtige landskap. Dit is tussen die lewendige vakansiedorpie Plettenbergbaai en die bekoorlike dorpie Nature's Valley geleë. Hierdie kamp word deur die natuurskoon en woude omring en is ideaal vir 'n onvergeetlike vakansie saam met familie en vriende.
Daar is 6 lieflike tente om van te kies en elke tent bied slaapplek aan 5 gaste. Elke tent beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Drie van die tente lei na 'n stoep met buitesitplek, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad. Die ander 3 tente het nie 'n warmbad nie.
Hierdie kamp is 41 km se ry vanaf Knysna en 61 km vanaf Tsitsikamma Nasionale Park. Gaste het volle toegang tot die gemeenskaplike swembad. Hierdie kamp spog ook met pragtige staproetes.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Andrea Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 162
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- AfriCamps at Ingwe, Plettenberg Crags, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: AfriCamps at Ingwe, Plettenberg Crags, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom