AfriCamps at Mackers
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: AfriCamps at Mackers, S93, Hazyview, 1241, Mpumalanga
- Vanaf R1 440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
AfriCamps at Mackers bied 'n unieke boetiekglanskamp-ervaring op die oewer van die Sabierivier, net 30 minute vanaf die Krugerwildtuin. Dit is die ideale bestemming vir 'n vakansie saam met vriende of die gesin.
Die kamp bied verblyf in 10 tente en elke tent bied slaapplek aan 5 gaste. Die tente beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Verder is daar ook 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die tent het toegang tot 'n onderdakstoep met buitesitplek en braaigeriewe.
Die oord het 'n sprankelende randvloeiswembad waarin gaste kan afkoel en hulle kan ook in die Sabierivier swem. Verder kan gaste voetslaan, voëlkyk of 'n spabehandeling bespreek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Andrea Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 171
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- AfriCamps at Mackers, S93, Hazyview, 1241, Mpumalanga
- Gaste dink AfriCamps at Mackers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: AfriCamps at Mackers, S93, Hazyview, 1241, Mpumalanga