Blanco Akkommodasie by African Sun Guest House | LekkeSlaap
+38
+38

African Sun Guest House

Gastehuis
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutboom Straat, George, 6531, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

African Sun Guest House is aan die buitewyke van George, op die Outeniekwa se landelike Hopsroete, geleë. Geniet 'n plaasondervinding sonder enige grondpaaie met die dorp net 'n paar minute ver.

Ons is op die R404, slegs 2 km vanaf die bekende Fancourt Gholflandgoed, geleë en is ook net 4 km van die George-lughawe af.

Die gastehuis is op 'n kleinhoewe, omring deur aarbei- en framboosvelde, geleë en ons is binne stapafstand vanaf 'n landerye waar die publiek aarbeie kan pluk. Daar is 'n heelwat doendinge vir kinders sooos 'n treintjie, ponieritte en 'n speelpark. Die Redberry Aarbeifees vind ook jaarliks in September plaas.

Daar is ook 2 wêreldbekende vliegskole by die George Lughawe. Ons het al menige internasionale studente wat by die skool ingeskryf is gehuisves.

Begeleide toere kan na die Three Chameleons Gholfbaan, Redberry Plaas, Silver Lily Cheese Farm en Utopia Wildsplaas gereël word. Dit is alles binne 'n radius van 2 km van ons af.

Die kuslyn strek vanaf Stilbaai tot by Plettenbergbaai waar jy aan doendige soos walviskyk (tydens die seisoen tussen Junie en November) kan deelneem. Daar is ook pragtige kusstroke waar hulle van die land af dopgehou kan word.

Heroldsbaai is 'n 10 minute-motorrit van ons af, waar snorkel-duikers en kinders die wit sandbaai met veilige getye-poele kan geniet.

African Sun is aan die voet van die majestueuse Outeniekwaberge geleë, en bied verskeie staptoere met talle stroompies en watervalletjies wat die verskillende spesies van fynbos en proteas voed. Gaan op die skilderagtige roete na Oudtshoorn met die bekende Montagu-pas met sy ryk geskiedenis terwyl jy die wyn- en vrugteplase verken.

Die Tuinroete strek tot by Stormsrivier. Verken die area vanaf Wildernis, Knysna en Plettenbergbaai al met die roete langs tot in die Tsitsikamma-woud, ongeveer 150 km van ons af.

Die Garden Route Mall bied 'n wye verskeidenheid winkels om in al jou behoeftes te voldoen.

Ons bied B&B- of selfsorgverblyf met aandetes op versoek.

Ons instansie word deur 'n gesin bestuur en ons maak seker dat ons altyd beskikbaar is en sodoende in elke individu se behoeftes te voldoen. By ons kan kinders 'n heerlike plaaslewe-ervaring kom ervaar, waar hulle die diere kan voer en vars eiers kan versamel.

Laat ons toe om jou te help om herinneringe te skep.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 12 resensies vir African Sun Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Geelhoutboom Straat, George, 6531, Wes-Kaap
  • Gaste dink African Sun Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)

Sien meer verblyf in

Blanco George Wes-Kaap
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutboom Straat, George, 6531, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc4MDk0YmM3LTQ2Y2MtNDY5OS05OTA1LWQ4ZTI5NDZlNTZkMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 12 5 1 4 Geelhoutboom Street George 6531 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.961942234196 22.383103966713
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za