African Sunset Lodge
Beskrywing
African Sunset Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lodge in die bos met 2 slaapkamers. Die lodge is sowat 14 km buite die klein dorpie Makwassie in Noordwes geleë.
Die lodge bied slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer bied slaapplek vir 4 gaste in enkelbeddens en die tweede slaapkamer bied slaapplek vir 7 gaste in enkelbeddens. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die gemeenskaplike kombuis is met eetgerei, breekware, 'n yskas, wasbak en stoof toegerus. Daar is 'n stort en die water word met 'n donkie verhit. Daar is ook 'n wasbak en 'n aparte toilet.
Geniet 'n pragtige Noordwes-sonsondergang, ontspan om die kampvuur in die boma en geniet die natuurskoon. Die area is ideaal vir voëlkyk en visvang. Wilde diere soos kameelperde, apies, springbokke, rooibokke, waterbokke, koedoes, sebras, rooi hartbeeste, blesbokke, blouwildebeeste en takbokke kan in die area raakgesien word.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Badkamer
- Aparte Toilet
- Stort
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na African Sunset Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |