Afrique Karoo Lodge
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jasper Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 1 jaar
Opsomming van Resensie
Jeanette C - Apr 2024
Algehele gradering
Sorgvry en rustig.
Mariana V - Apr 2024
Algehele gradering
Rustig met al die nodige geriewe.
Elsabè H - Mrt 2024
Algehele gradering
100% goeie diens!
Fred K - Jan 2024
Algehele gradering
Aangenaam en gerieflik.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Fred, dit was so aangenaam om julle te ontmoet. Dankie dat julle ons oornagverblyf goed gevind het. Dit is vir ons 'n riem onder die hart! Mooiste wense vir 2024.
Carla S - Des 2023
Algehele gradering
Geskik vir 'n nag se verblyf. Skoon en netjies. Vriendelike ontvangs.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Carla, waardeer so baie vir jou vriendelike terugvoer. Dit was vir ons heerlik om jul op jul deurrit deur Carnarvon hier te ontvang vir die nag. Mag jul 'n geseënde 2024 beleef! Vriendelike groete uit die Karoo!
Annelie F - Des 2023
Algehele gradering
Het sommer tuis gevoel na die vriendelike verwelkoming.
Corleen V - Des 2023
Algehele gradering
Great - voel baie tuis!
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Corleen, baie dankie vir jou terugvoer wat so positief is! Ek gaan al my dierbare gaste so mis! Ek verkoop en die nuwe eienaars neem 1 Maart 2024 oor. Ek bid en vertrou dat die diens net so aangenaam vir julle sal wees. Mooiste 2024 vir julle.
Dewald F - Des 2023
Algehele gradering
Veilig, rustig en tevrede.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Dewald, dit was so lekker om sulke vriendelike gaste hier te ontvang! Mag julle 'n pragtige 2024 ervaar. Ek tree 1 Maart 2024 af en gaan al my gaste net sò baie mis! Hoop ook vir jul ondersteuning aan die gastehuis verder. Mooiste groete uit die Karoo. Marie
Igna D - Des 2023
Algehele gradering
Heerlike rusplek!
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Igna! Ag, hoe heerlike warm gevoel (al is die Karoo nou woeswarm) om nou jou terugvoer te lees. Ek is net so opgewonde oor al my gaste wat dit net so 'n plesier maak om jul te ontvang! Mag jul die mooiste 2024 beleef. Warm liefde hier uit Carnarvon!
Gerda V - Des 2023
Algehele gradering
Gerieflik, skoon.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Gerda, hoe lekker glimlag ek oor die vriendelike hond van die bure (weet nie wie s'n nie). Baie dankie dat jy ons positief bedank vir jul verblyf. Dit was erg warm! Jul was so dierbaar en jul kinders net so pragtig! Mag 'n geseënde 2024 jul almal inwag en toelag. Vriendelike Karoogroete, Marie.
Jonathan M - Des 2023
Algehele gradering
Very pleasant.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Jonathan, so grateful for this kind and pleasant review! More than any guesthouse owner would have wished for. I hope you really have a wonderful holiday and we wish you and your family a very prosperous 2024. Karoo greetings, Marie.
Christo B - Sep 2023
Algehele gradering
Tevrede met wat ons gekry het.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Christo, baie dankie dat jy moeite gedoen het om positiewe terugvoer te gee! Dit was vir my so lekker om julle te ontmoet en jul hier te kon ontvang vir oorslaap by Afrique!!! Hoop jul het 'n heerlike vakansie verder!!!
Hendrik V - Aug 2023
Algehele gradering
Die kommunikasie van Marie was puik en alles was perfek.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Hennie, hoe heerlik is dit nie om so 'n pragtige terugvoer van jou gaste te ontvang nie. Dankie dat julle alles volgens julle behoeftes gevind het. Ons bly mos nie by die lodges nie, daarom is dit vir ons nog veel lekkerder om te weet dat jul dit in orde gevind het. Julle maak ons harte bly as gastehuiseienaar en personeel. Ons vertrou dat julle ook 'n wonderlike blommetoer verder geniet het. Hope vriendelike Karoogroete.
Theresa S - Aug 2023
Algehele gradering
Baie warm verwelkoming en veilige verblyf.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Theresa, hoe hartsverblydend om vandag hierdie pragtige boodskap op die rekenaar te ontvang. Soveel te meer dat jy moeite gedoen het om jou plasing hier te doen. Ai, om sulke dierbare, vriendelike mense te ontvang, is mos net vir elke gastehuiseienaar net een groot plesier en dan vertrou ons dat ons weer sal sien as jul hier oor Carnarvon ry.
Seënwense. Marie Jacobs (Eienares)
Anel G - Mei 2023
Algehele gradering
Baie goed ontvang en alles is baie netjies.
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Anel, baie baie dankie vir jou moeite om vir ons 'n resensie te plaas. Dit is so dierbaar, juis nadat ons hierdie pragtige mense kon ontvang. Dit was een lekker groot gesels en ek was net so ongelooflik dankbaar dat die kragonderbreking toe net mooi verby was toe dit inboektyd was en daar tyd was vir TV kyk, elektriese komberse en warm lugversorging aanskakel en heerlik te kon bad. Hopelik kan ons weer gesels vorentoe. Vriendelike Carnarvon groete uit die Karoo. Marie Jacobs (Eienares)
Christine D - Apr 2023
Algehele gradering
Lekker gebly!
Afrique Karoo Lodge se terugvoer
Christine, ag watter heerlike verrassing was dit nou nie. Baie dankie vir jou bemoedigende woorde. Afrique, dink ek, se dak lig sommer so bietjie. Hoop jul vakansie was heerlik so met die wye draai en kuiers deur die Karoo.
Vriendelike Karoogroete.
Marie
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: East-straat 5, Carnarvon, Noord-Kaap, 8925, Noord-Kaap