Aftrekorder

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Aftrekorder is in die kusdorp Franskraal geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Franskraal is 'n stil dorpie waar gaste kan ontspan en 'n rustige wegbreek kan geniet. Verskeie nabygeleë doendinge kan geniet word onder meer haaihokduik en bootritte. Die verblyf is ook naby verskeie hoofweë.

Verblyf word in 'n huis en 'n woonstel gebied en kan apart of saam bespreek word. Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 mense altesaam. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n ekstra lang bed met 'n volledige en suite-badkamer. Die ander twee slaapkamers het 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer. Die kombuis is toegerus met al die nodige selfsorgtoebehore. Die leefarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 8, gemaklike banke in die sitkamer en 'n TV met volledige DStv. Verder is daar 'n binnebraai-area en 'n deur wat na 'n groot gemeubileerde stoep en gedeeltelike see-uitsigte lei. Ander geriewe sluit 'n gastetoilet, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in.

Die woonstel het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 mense altesaam. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n wasbak in die kamer. Die tweede slaapkamer is ruim en met 'n dubbel- en 2 stapelbeddens, 'n bababedjie en 'n tafel met 6 stoele ingerig. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv en gemaklike banke. Verder is daar 'n kombuisie met basiese selfsorggeriewe en 'n wasmasjien. Die badkamer is met 'n stort en 'n aparte toilet ingerig. 'n Buitebraai is beskikbaar. Gaste het ook 'n grasperk voor die woonstel.

Die strand in ongeveer 400 m vanaf die huis en bied gedeeltelike see-uitsigte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aftrekorder gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 R893 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za