Paternoster Akkommodasie by Ahoy Farmhouse 3 | LekkeSlaap
+19

Ahoy Farmhouse 3

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Ahoy Farmhouse 3 is in die ouwêreldse vissersdorpie, Paternoster, aan die Weskus geleë. Hierdie plaashuis is op 'n groot, stil eiendom in die middedorp en naby restaurante, winkels en kunsgalerye geleë. Daar is ook 4 ander eenhede op die perseel.

Die oorspronklike plaashuis is omskep in 2 huise met aparte ingange en privaat tuine. Ahoy 3 het slegs slaapplek vir 4 gaste, dit sluit kinders van enige ouderdom in. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Let asb. op dat die tweede slaapkamer 'n aparte ingang vanaf die stoep het wat dit gerieflik maak vir tieners wat saam met hul ouers reis of vir 2 paartjies. Dié huis is nie geskik vir klein kinders nie.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea bied 'n eetkamertafel, gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is 'n groot stoep buite met 'n uitsig oor die tuin. Die huis het sy eie braai-area in die tuin.

Die ou opgaardam is in 'n gemeenskaplike swembad omskep en is slegs beskikbaar vir gebruik deur gaste wat in die 5 huise op die perseel bly. Let asb. daarop dat die swembad nie omhein is nie en het nie 'n veiligheidsnet nie.

Die dorpie is 'n gewilde toeristebestemming vir diegene wat 'n Mediterreense atmosfeer wil beleef en word geken aan sy blou, koue water, witgekalkte kothuisies, tradisionele vissersargitektuur en uitgestrekte witsandstrande.

Slaapplek

’n Bespreking by Ahoy Farmhouse 3 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Ahoy Farmhouse 3
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • St Augustine-weg 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ahoy Farmhouse 3 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 700
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 700
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc4NmRlMmUzLWMyYjEtNGMwYS1iMDYyLWE0MWU3ZGQ0NWQwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (vir 4 persone) 14 5 1 5 60 St Augustine Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.810212900118 17.893780767918
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za