Amanzimtoti Akkommodasie by Airy Industrial Loft | LekkeSlaap
+26

Airy Industrial Loft

6 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crescent View 504, Cato-singel, Amanzimtoti, 4120, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 8
  • Vanaf R900 R765 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Airy Industrial Loft is 'n selfsorgwoonstel in die Crescent View-kompleks in die kusdorpie, Amanzimtoti, net suid van Durban geleë.

Dié eenheid is op die vyfde verdieping geleë en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer met 'n oopplan-uitleg en 'n aparte toilet. Daar is 2 hoofslaapkamers met koningingrootte-beddens in elkeen en hortjiesdeure wat toegang bied tot 'n beskutte stoep. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens met driekwartbed-duvets. Elke kamer het ook 'n plafonwaaier.

Daar is 'n oopplan-kamer met 'n kombuis met 4 stoele rondom die kombuis-eiland, asook 'n eet-/leefarea. Die ruim kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 wat na 6 verleng kan word. In die sitkamer is daar gemaklike sitplek en 'n TV met plaaslike kanale en 'n DVD-speler.

Die eenheid het asemrowende uitsigte oor die Manzimtoti-rivier en die Indiese Oseaan. Daar is ook 3 stoele wat strategiese geplaas is om die uitsig te geniet met 'n koppie koffie of glas wyn in die hand.

'n Gemeenskaplike braai-area is in die voortuin van die kompleks beskikbaar en daar is ook 'n rooster beskikbaar wat in privaat in 'n motorhuis gehou word. Doen asb. navraag by die perseel bestuurder indien gaste wil braai.

'n Wasgoeddraad is op die keldervlak beskikbaar. Die woonstelkompleks word bereik via 'n hek wat met 'n afstandbeheer werk. Gaste kan ook die toesluitmotorhuis gebruik.Die voordeur het 'n Trellidorhek aan vir gaste se veiligheid.

Amanzimtoti is 'n gewilde toeristebestemming, veral vir branderplankryers en diepseeduikers wat die Aliwal-rif kom verken. Daar is verskeie strande naby die eenheid, maar ons gunsteling is Warner Beach, wat net 4 km se ry ver. Die Galleria Mall is naby en daar is verskeie winkelsentrums, kuierplekke en natuurreservate in die omgewing. Durban se restaurante, winkels, markies en strande is net 30 minute se ry ver. King Shaka Internasionale Lughawe is net 'n uur se ry vanaf die eenheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Airy Industrial Loft sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Airy Industrial Loft
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Crescent View 504, Cato-singel, Amanzimtoti, 4120, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Airy Industrial Loft het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amanzimtoti KwaZulu-Natal
was R900
Vanaf R765
per nag (plek vir 6)
was R900
Vanaf R765
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crescent View 504, Cato-singel, Amanzimtoti, 4120, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 8
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ1ZmIzYjg0LWZiYTctNDM5Ny05NDExLWQzM2JmMDVlODIwYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R900, nou Vanaf R765  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 504 Crescent View Cato Crescent 4120 KwaZulu-Natal 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -30.052167 30.876541
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za