Akwaaba by the Sea KZN

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Akwaaba by the Sea KZN is in Winklespruit geleë en is sowat 2,4 km van die hoofstrand af. Die hoofstrand het lewensredders en 'n soutwaterswembad. Die Galleria Mall is net 10 minute se ry en die huis is sowat 23 km van Durban af.

Akwaaba by the Sea KZN het 2 eenhede, naamlike Akwaabie en Akwaaba House. Die eenhede het slaapplek vir 14 gaste in totaal.

Akwaabie het 1 kamer en het slaapplek vir 4 gaste. die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is slaapbanke in die leefarea vir 2 gaste. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het 'n kombuis, sitarea en 'n balkon met 'n see-uitsig. Die eenheid het ook veilige parkeerplek en braaigeriewe.

Akwaaba House het 2 kamers en het slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die leefarea met slaapplek vir 2 gaste. Die badkamer is en suite en het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het ook 'n kombuis wat goed toegerus is, 'n sitarea, 'n TV met DStv en veilige parkeerplek in 'n motorhuis. Die eenheid het ook 'n tuimeldroër, outomatiese wasmasjien en 'n ysmasjien.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad en braaigeriewe in. Troeteldiere word toegelaat indien vooraf gereël.

Die instansie het 24 uur-sekuriteit en die Pick 'n Pay-winkelsentrum is stapafstand van die instansie af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Akwaaba By The Sea KZN gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za