Alba House Guest House
Beskrywing
Alba House is 'n 4-ster-gastehuis in die hartjie van die Paarl. Die huis bied lieflike uitsigte op die berge.
Verblyf bestaan uit 4 moderne kamers wat op 'n B&B-basis bespreek kan word. Elke gastekamer het 'n koninggrootte-bed, wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n en suite-badkamer, privaat balkon en ingang. Die kamers het ook lugversorging/verwarming en gratis WiFi.
Heerlike Suid-Afrikaanse ontbyt word in die ontbytkamer op die patio bedien, mits die weer dit toelaat. 'n Verskeidenheid ontbytgraan, vrugtesap, jogurt, frugte, plaaslike kaas, varsgebakte brood en ietsie soets word bedien.
Gaste kan ook by die soutwaterswembad ontspan, in die skaduryke tuin of in die gastesitkamer sit wat uitkyk oor die tuin en die vallei.
Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Gaste kan uitsien na 'n hartlike en vriendelike verwelkoming. Die personeel by die gastehuis kan help met reëlings vir gholf-uitstappies, restaurante, besoeke aan wynplase, wyntoere en daguitstappies. Begeleide toere na die wynlande, lughawependeldienste en motorhuur kan ook gereël word.
Die gastehuis is 30 minute se ry van Kaapstad af en 40 minute van Kaapstad IInternasionale Lughawe af.
Dis ook net 10 minute se ry vanaf gholfbane, soos Paarl Boschemneer Gholfklub en Pearl Valley Gholflandgoed.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Alba House Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |