LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Albany 12 | LekkeSlaap
+17

Albany 12

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Nov 2020 tot 11 Des 2020.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Hofstraat en Campstraat., Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Albany 12, 'n selfsorgwoonstel, is onlangs opgeknap en is sentraal geleë in 'n stil blok naby Tafelberg, die V&A Waterfront, verskeie geskiedkundige plekke en geboue en Kloofstraat se restaurante en naglewe. Die woonstel bied ook maklike toegang tot die MyCiTi-busroete en is net 500 m van die Kompanjiestuine af. Dis die ideale plek van waar jy die skiereiland en sy verskeie toeristebestemmings kan verken.

Die woonstel bied slaapplek vir tot 4 gaste (3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders, nie 4 volwassenes nie) en bestaan uit 'n slaapkamer, 'n aparte badkamer en 'n oopplan-kombuis, leefarea en eetarea. Die ruim slaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n groot stort, 'n wasbak en 'n toilet. Dit is op die eerste verdieping en het 'n wye stel trappe.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en al die ander nodige eetgerei in. Die leefkamer het 'n TV met DStv en die eetarea het 'n eetkamertafel met stoele vir 4. Die leefkamer lei na 'n balkon met berguitsigte. Daar is parkeerplek van die straat af en goeie sekuriteit word voorsien. Gratis WiFi-toegang is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Albany 12 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 14 resensies vir Albany 12
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • H/v Hofstraat en Campstraat., Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albany 12 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
per nag (plek vir 4)
Vanaf R995
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Hofstraat en Campstraat., Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmZGVlNjcyLTVlNWQtNGVmNi1hNzU0LTkyNGFmMmNjM2JlMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R995  per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 Corner of Hof and Camp Streets Gardens 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.934203029097 18.411109149456
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!