Aldo 315
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4de Straat 315, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R4 235 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Aldo 315 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n knus vakansiehuis met 'n kontemporêre plaashuisgevoel in 'n pragtige welige tuin. Dit is in Voëlklip in Hermanus geleë, net 'n entjie se ry vanaf Grotto-strand.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, waarvan 3 in die hoofhuis is. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en toegang tot die tuin. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en toegang tot die tuin en die derde slaapkamer is 'n kinderslaapkamer met 2 enkelbeddens wat vir jong kinders geskik is. Gaste deel 2 badkamers wat elk 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Die vierde slaapkamer is in die kothuis en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kothuis het toegang tot die tuin en sytrappies wat na 'n oulike boomtop-dakstoep lei.
Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas, elektriese stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, koffiemasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus en skoonmaakmiddels word voorsien. Die sitarea het 'n slim-TV, 'n boontjiesitsak en 'n houtvuurkaggel.
Buite is daar 'n privaat tuin, sitarea om buite te eet, 'n sonnige dakstoep en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is ook plek om kajak- en branderplankry-toerusting te stoor.
Die ligging bied maklike toegang tot strande, restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels. Dit is ook nie ver van die strandmeer en skilderagtige stap- en bergfietsroetes in die berg af nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 48
Resensies 24
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 4de Straat 315, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Aldo 315 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4de Straat 315, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap