Sentraal Potchefstroom Akkommodasie by Alec Wright's Guest House | LekkeSlaap
+15
+15

Alec Wright's Guest House

12 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 61 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beyers Naude-laan 50, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Alec Wright's Guest House is in 'n pragtige deel van Potchefstroom in Noordwes geleë. Die Potchefstroom-kampus van Noordwes Universiteit is ongeveer 1,5 km ver en Potchefstroom Hoërseunskool is net oorkant die straat.

Verblyf word aangebied in 4 gesinskamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in elk, 2 dubbelkamers en 13 tripelkamers asook 1 wittebroodkamer. Geriewe in elke kamer sluit in: 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n kluis, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en linne en handdoeke.

Die gastehuis voorsien ook veilige onderdakparkeerplek, binne- en buitebraaigeriewe, 'n wasgoeddiens op versoek, 'n konferensielokaal met sitplek vir 15 afgevaardigdes, lugversorging, 'n grootskerm-TV met DStv-kanale, 'n projektor en selfhelp-kroeg. Buite is daar 'n mooi tuin waar troufoto's geneem kan word.

Die perseel is omhein met elektriese bedrading en geslotekringtelevisiekameras.

Die eienaars woon nie op die perseel nie, maar daar is 'n bestuurder altyd aan diens.

Alec Wright's Guest House is naby die Kenneth McArthur-sportstadion, die Olien Park Rugbystadion, die openbare swembad en die treinstasie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Alec Wright's Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Beyers Naude-laan 50, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Alec Wright's Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 61 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beyers Naude-laan 50, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjNjc5OTgxLThkNjQtNDAzMS1iNzNkLWY0MDRiOGM1YjY1NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 50 Beyers Naude Avenue Potchefstroom 2531 Noordwes 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -26.7098799 27.09156
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za