Alika's

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alika's bied pragtige verblyf in Jongensfontein, naby die N2 tussen Riversdal en Albertinia. Die verblyf beskik oor 'n selfsorghuis en 'n woonstel, wat apart of aan 'n groep uitverhuur kan word.

Die huis het 3 verdiepings, met die ingang op die boonste verdieping. Die 2 slaapkamers op die middelste verdieping het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n ekstra lang koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n TV met DStv en die skuifdeure lei na 'n pragtige uitsig van die see met 'n paadjie na die strand. Buite braaigeriewe is beskikbaar.

Die woonstel het 'n aparte ingang en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke bring. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en 'n yskas. Die leefarea het 'n TV met DStv en die skuifdeur lei na 'n pragtige uitsig van die see met 'n paadjie na die strand. Buite braaigeriewe is beskikbaar.

Jongensfontein is ongeveer 8 km van Stilbaai af. In Stilbaai kan gaste onder andere inkopies doen, uiteet, gholfspeel, tennisspeel en walviskyk. Gaste wat van stap hou sal die 10 km-kuspad tussen Jongensfontein en Stilbaai baie geniet. Ervaar 'n ongerepte kuslyn soos nog nooit tevore!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alika's gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za