Allie's Place
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maraisstraat 173, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Allie's Place is in Franskraal sowat 6 km vanaf Gansbaai geleë. Die huis is naby 'n swemarea en die omgewing is ideaal vir stap, draf en fietsry.
Dié huis is smaakvol versier en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die huis is geskik vir 6 tot 8 volwassenes en 4 of 6 kinders.
Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 2 stapelbeddens, 'n pool-tafel en 'n platskerm-TV teen die muur. Die slaapkamer maak van 'n aparte badkamer met 'n stort gebruik. Die ander slaapkamers is almal op die onderste verdieping. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 12 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel.
Die leefarea lei na 'n dek met 'n etenstafel en sitplek, en dis die ideale plek om lekker indie son te baai. Die dek en leefarea bied ook 'n uitstekende uitsig oor die see.
Slaapplek
’n Bespreking by Allie's Place sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Maraisstraat 173, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Allie's Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maraisstraat 173, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom