Aloe View Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aloe View is 'n unieke gastehuis sentraal geleë in Keimoes se hoofstraat langs die hoofweg.

Die gastehuis bied 5 en suite-kamers wat individueel versier is. Vars, wit linne en toiletware word voorsien in elke kamer. Koffie- en teemaakgeriewe is beskikbaar in elke kamer. DStv en "split unit"-lugversorgers maak die kamers selfs nog geriefliker. Geregte, wat meeste van die tyd deur die eienaar self voorberei word, word genuttig in die ruim eetkamer.

Staan gerus 'n bietjie op die houtdek en verwonder jou aan die luisterryke uitsig oor die wingerde, die aalwyne en die wonderskone sonsondergange. Die dek is ook geskik vir funksies en tot 200 gaste kan geakkommodeer word.

Aloe View Guest House is sentraal geleë en voorsien ideale verblyf vir besoekers wat Keimoes se pragtige besienswaardighede, soos Bakkiespomp, Tierberg met sy pragtige uitsig oor Keimoes en die magtige Oranjerivier.

Die kenmerkende waterwiel, ook genoem die "Bakkiespomp", die Nederduits Gereformeerde Sendingkerk (gebou in 1889 en nou 'n Nasionale Monument) en die toeristeburo is alles stapafstand van Aloe View af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe View Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za