Alpaca Cottage
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6de Straat 73, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Vanaf R640 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Alpaca Cottage is ’n bekoorlike, afgeleë en veilige selfsorgkothuis in Alpaca Pines, ’n perseel in die hartjie van Kleinmond. Die addisionele besienswaardigheid is die mak Alpacas wat vrylik op die perseel rondbeweeg. Dit dra by die natuurlike en rustieke atmosfeer slegs ’n hanetreetjie van die voetslaanpaaie, gholfklub en die see af.
Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en oopplan-sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het ’n driekwartbed. Die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak en daar is ook ’n addisionele toilet.
Die kompakte kombuis is goed toegerus met ’n yskas-vrieskas, tweeplaatstofie, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, toebroodjiemaker, eetgerei, breekware en kookgerei. Gaskookgeriewe word voorsien tydens beurtkrag. Die oopplan-sitarea en -eetarea het ’n TV met DStv.
Ontspan op die stoep met die lieflike braai-area, of op die patio onder die bome wat meubels het. Die erf is omhein en daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hannelize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 46
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 6de Straat 73, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Gaste dink Alpaca Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6de Straat 73, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap