+25

10 gaste

4 slaapkamers

5 beddens

3 badkamers

  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Rooiklippies Street, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

AlteMooi bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde vierslaapkamerhuis op die Breedezicht Landgoed in die kusdorp Witsand. Gaste kan die lieflike panoramiese uitsig oor die Breederiviermond vanaf byna elke kamer in die huis geniet.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers bo waarvan 1 en suite is. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 dubbelstapelbeddens. Daar is 'n groot tweede badkamer met 'n bad, wasbak en 'n stort. Al 3 kamers lei na 'n balkon wat suid front en dit is ideaal vir skemerkelkies, koffie in die oggend, om te ontspan, sonba of lees.

Onder is daar 'n ruim leefarea met 'n kroegarea en ingeboude braaigeriewe, asook 'n aparte eetkamer. Die oopplan-kombuis het 'n opwaskamer en is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, elektriese oond, dubbeldeurvrieskas en 'n mikrogolf.

Die vierde slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n gastebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die huis het 'n volledig omheinde agtertuin en 'n skitterende, blou swembad. Daar is genoeg parkeerplek. Die motorhuis is slegs beskikbaar aan gaste wat vir 10 dae of meer bespreek.

Die landgoed het 'n speelarea met swaaie en klimrame vir kinders. Die huis is geskik vir 6 volwassenes en 4 kinders.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Zirkia D
Gesin met tieners
5.0
Ruim, gemaklik, netjies en skoon. Ons het baie lekker gebly! Ruim sit/eet/leef area met heerlike binnebraai. Goed toegeruste kombuis met lekker groot ...
Sien meer
Jan 2026
Candice C
Saam met vriende
5.0
Perfect getaway for larger groups. We had a lovely stay, everything we needed was there. The house was clean and spacious. It's the per...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2025
Sophia S
4.8
Perfek vir 'n groep met tieners. Was rustig en aangenaam, beslis veilig. Anthea was gaaf en het selfs moeite gedoen om wat ons vergeet het, te gaan ha...
Sien meer
Feb 2026
Cryslin F
Gesin met tieners
4.8
Pleasant and comfortable. Our stay was pleasant and comfortable. The house could do with more salad bowls. The bar is fantastic and the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Zelda A
Gesin met tieners
4.0
Family with teenagers. Anthea was welcoming, and the house is beautiful. It was very relaxing and quiet, exactly what we needed to esca...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Anthea Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 152

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Rooiklippies Street, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink AlteMooi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 600
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 600
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Rooiklippies Street, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8c7f94b405ef671f10b452501565786710ac026922f0f7beef50d70ec7cc7f733303f43d1badaf84499027c3c3545384aa0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 10) 18 5 1 5 Rooiklippies Street Breedezicht Estate 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.395883174419 20.822589596017
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang